Facebook het so pas ‘n tweede ultimatum vir WhatsApp-gebruikers gestel. Anders as die vorige een, waarin WhatsApp-gebruikers verplig is om toestemming te gee dat hulle data met Facebook gedeel word, word hulle die keer verplig om hulle fone op te gradeer of op te dateer om na 1 November 2021 steeds die geselstoep te gebruik.
Wat iPhone betref, gaan die iPhone 6, 6S en SE nie meer WhatsApp kan gebruik nie. Vodacom het my vriendin in die Wes-Kaap (jy ken haar Seegogga) byvoorbeeld persoonlik laat weet dat sy haar iPhone 6 moet gaan opgradeer as sy WhatsApp na 1 November wil gebruik omdat WhatsApp daarna nie meer op haar foon gebruik sal kan word nie.
Toe vra sy my wat om te doen.
Sy wil nie opgradeer of nuwe kontrak uitneem nie.
En ek wou weet of dit waar is.
En ja, dit is. Op ‘n manier.
‘n Lys van 50 fone word op die internet genoem wat na 1 November 2021 nie meer toegang tot WhatsApp sal bied nie. Kyk gerus hier of jou foon een daarvan is …

Ek is nie seker waarom hulle die toep nie meer sal kan gebruik nie, dit gaan sogenaamd oor die bedryfstelsels wat oud is. Apple se iOS bedryfstelsels vroeër as iOS 9 gaan nie meer ondersteun word nie. Sien onder.

Dit was vir my verdag. Toe doen ek ‘n eenvoudige soektog. Wat is die hoogste bedryfstelsel vir die iPhone 6 en kry ek hierdie inligting.

Die iPhone 6 behoort nie op die lys te wees nie, want hy kan tot iOS 12 opgegradeer word. Die probleem is dus nie met ‘n verouderde bedryfstelsel nie, maar met die foon self. En dalk is dit waar vir al die ander fone op die lys.
Dit kan gestaaf word deur die feit dat die iPhone 5 en vroeër nie op die lys is nie. ‘n Foon wat ook tot iOs 12 opgegradeer kan word.
Ek raai dat die fone op die lys beter veiligheid en sekuriteit aan gebruikers bied. En dat dit Facebook verhoed om toegang tot WhatsApp gebruikers se persoonlike inligting te verkry.
Die vraag is of mense gaan toelaat dat Facebook hulle boelie en of hulle uiteindelik gaan besef dat daar ander, beter, veiliger geselstoeps is.
WhatsApp is nie jou vriend nie. Nie sedert Januarie 2021 nie. Mens moet jouself ook afvra waarom dit vir Vodacom – wat gedeeltelik deur die regering besit word – belangrik is om jou te waarsku dat jou WhatsApp na 1 November nie meer gaan werk as jy nie jou iPhone 6 op ‘n nuwer model inruil nie. Het hulle jou al oor enige ander toep gewaarsku?
Die moontlikheid is net te groot dat WhatsApp gebruik (of gebruik gaan word) word om op ons te spioeneer aangesien die iPhone 6 wel op bedryfstelsels nuwer as iOs 9 werk …
My gunsteling is Signal, ‘n geselstoep wat bykans op elke tegnologie ghuru se lys van veilige toeps in die heel eerste plek geplaas word. Een wat heerlik bly werk het toe Facebook, Facebook messenger, WhatsApp en Instagram internasionaal vir ses ure nie gebruik kon word nie.
Waarom is dit nodig om meer as 1 miljoen mense te dwing om nuwe slimfone te kry? En waarom nonsens praat as die fone wel nuwer bedryfstesels kan gebruik?
Leke gaan dit glo. En onnodig geld spandeer om ‘n nuwe foon te kry.
Die vraag wat al dringender gevra moet word, is of WhatsApp ‘n veilige toep op jou foon is.
Ek het WA in Januarie na die eerste ultimatum verlaat. En in Julie weer teruggesit op die foon wat ek gebruik.
Ek gaan dit beslis weer verwyder. En hou op ‘n foon wat selde gelaai word.
Die slimfoon in my hand, wat oral gaan waar ek gaan, gaan nie Zuckerberg se spioen van my daaglikse lewe word nie.
Ek is moeg daarvoor dat mense dink dat ek “Conspiracy Theories” glo as ek teen Zuckerberg waarsku. Ek stem saam met Snowden:

Volg gerus vir Edward Snowden op Twitter en besluit self of jy vir Zuckie vertrou. Die nuutste voorstel van Zuckie is dat tieners se gebruik van sosiale media beperk moet word. Volgens Snowden gaan dit sosiale media wat begin word om Facebook te trotseer, knou.
Waar het jy al daarvan gehoor dat ‘n tegnologie maatskappy vir ‘n regering vertel wat om te doen? Veral as die maatskappy niks doen om te keer dat gebrukers se persoonlike inligting uitlek nie?
Sedert die begin van die jaar het kuberdiefstal van persoonlike inligting met 33% in Suid-Afrika toegeneem. As hierdie diewe gedurende die internasionale afskakel van Facebook by Facebook ingebreek het, het hulle ‘n lys van al die persoonlike inligting wat baie kopsere vir mense gaan veroorsaak.
Daar is ‘n veiliger keuse: Signal. Soortgelyk aan die ou WhatsApp. Wat ek vir al my persoonlike gesprekke gebruik.
Daar is ‘n beter keuse wat deel van groot lêers betref. Telegram. Wat ek versigtig gebruik om baie inligting te bekom.
Facebook praat nonsens, jou iPhone 6 behoort geen probleem met WA te hê nie omdat dit op ‘n bedryfstelsel baie nuwer as iOs 9 werk. Dit is waarskynlik teen FB se robotte bestand. Ek raai jou aan om WhatsApp so gou as moontlik te verlaat.
Maar wie is ek nou?
My pa sê altyd die wat nie wil hoor nie, moet maar voel.
Dit klink vreeslik ongevoelig.
Maar dit is presies hoe ek nou voel.
Tyd sal ons wel leer.
Ek kan egter nie help om te wonder waarom 1 November so ‘n belangrike datum is nie … En veral waarom daar vir iPhone 6 en SE se gebruikers gejok word nie …
Interessant!
LikeLike
Dankie, Aletta, ek hoop dit help om te begin wonderr oor nuwe streke wat aangaan.
LikeLike
Ja, deesdae is alles vreemd!
LikeLiked by 1 person
Mucho interessant
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, ek hoiop die inligting help
LikeLike
Yes
LikeLike
Dankie
LikeLiked by 1 person
Ek glo nie dit gaan mense se mening verander nie, ek deel slegs wat ek raaksien omdat ek tans navorsing oor die drie toeps doen.
LikeLiked by 2 people
Dis goed dat jy dit deel. Mettertyd hoor mense jou tog.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek gaan nie geld daarop verwed nie.
LikeLiked by 1 person
Nee, maar as jy gaan terugkyk op jou pad sal jy baie mense sien wat doen soos wat jy voorgestel het. Ongemerk.
LikeLiked by 2 people
Dankie.
LikeLike
Telegram is ook n baie beter gesels app as Whatsapp
LikeLiked by 2 people
Ek stem saam, mens kan baie groot dokumente en media aflaai. En hy werk altyd. Ek hou baie van telegram, maar is so effens versigtig om my PI op hom te deel. Dus deel ek ook nie my ligging nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die saamgesels. ek geniet dit baie.
LikeLike
Christa, baie goed gestel en so waar. Soos jy sê, mense moet self besluit en begin besef die dinge is nie meer conspiracy nie. Net vreemd hoe min mense dit sal navors.
LikeLiked by 1 person
Carien, daar is iets aan die gang. Weet nie presies wat nie, maar is beslis verdag.
LikeLike
Ek hoor jou en stem volkome saam
LikeLiked by 1 person
Dit was nou baie, baie interessant! Dankie dat jy jou kennis met ons deel. Ek wil bietjie inligting bekom om nou alles van WA na Signal te skuif. Sal d naweek bietjie kyk.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, daar is beslis iets om oor bekommerd te wees wat op 1 November gaan gebeur.
LikeLike