Ons het in Maartb 2019 die groot stap geneem om in Kazakhstan te gaan bly. Maar nie in een van die twee groot hoofstede waar mense Engels verstaan nie. In Öskemen, hoofstad van die Oostelike provinsie. Daar waar Engels ‘n vreemde taal is …
Lees voort “Om in ‘n land te oorleef waarvan ek die taal nie verstaan nie”Maand: September 2022
Kleinkindpret: No! No! Pak gee nie!
Het ek al vertel dat kleinseun Engels net so goed soos Afrikaans kan praat? Wel verlede week het ek heerlik vir die mannetjie gelag.
Lees voort “Kleinkindpret: No! No! Pak gee nie!”Ek is moeg getrek … en daar kom nog
Ek dink ek kan met ‘n eerlike hart sê dat ek moeg getrek is. Die afgelope drie jaar het ek elf keer getrek. En ons trek weer …
Lees voort “Ek is moeg getrek … en daar kom nog”Myne Steyne
Kleinseun het onlangs by ‘n maatjie waar hulle gekuier het van myne geleer. En nou myne hy sommer baie goed, sommiges myne ook. Soos my peperduur iPad, wat ek nie sommer net gee om mee te speel nie. Ek weet nie of ek ooit weer een sal kan bekostig nie
Lees voort “Myne Steyne”Solly Ouma, ek spoeg eie(r)
Ek maak elke oggend vir kleinseun ‘n opgerolde eier omelet. Dan sit ek ‘n deksel oor sy bordjie dat dit kan afkoel en warm bly tot hy hier kom. Hy sit dan by die tafel op die stoep (toegebou), kyk sy storie en eet sy eier.
Lees voort “Solly Ouma, ek spoeg eie(r)”Buffel-dogtertjies by die speelplek
Ons landgoed het ‘n hele klomp geld uitgegee om ‘n speelplek vir die kinders by die klubhuis te bou. En ek het met soveel opwinding in my hart met kleinseun tot daar gestap om die vordering van die plek te beskou.
Lees voort “Buffel-dogtertjies by die speelplek”