My iPad luister in …

Gister stuur vriendin Mia vir my ‘n Signal boodskap uit Kazakhstan. Hi, ek is in Almaty en ek mis jou. Hulle was vir ‘n maand by vriende en familie in Suid-Afrika. Ek het haar heeltemal misgeloop, want ons bly mos nou in Kathu. Vrek ver van Pretoria en Stilbaai, waar sy gekuier het. Toe ek … Lees voort My iPad luister in …

PicCollage vir my titels en foto’s

Ek gebruik PicCollage om twee redes vir my WordPress plasings. Eerstens hou ek daarvan dat die prente 'n eenheid moet vorm as iemand deur my blog blaai, elkeen met die titel in die foto om die plasing aan te kondig. Tweedens verminder ek die grootte van foto's omdat ek ses foto's in een foto kan … Lees voort PicCollage vir my titels en foto’s

Telegram vergemaklik skuif vanaf WhatsApp

Telegram bied nou 'n uitweg vir almal wat vanaf WhatsApp wil wegskuif, maar die gesprekke steeds lewend wil hou. Ek het reeds geskryf dat ek WhastApp dadelik gelos het, my rekening uitgevee het en so ook al die gesels-geskiedenis wat ek gehad het. Dus kan ek die funksie nie self toets nie. Van vandag (8 … Lees voort Telegram vergemaklik skuif vanaf WhatsApp

Radio OFM het na Telegram geskuif

Die naweek ry ons terug Gauteng toe en luister radio OFM. Wat 'n verrassing om te vind dat 'n hele radiostasie net so woerts weg van WhatsApp geskuif het na Telegram. Gewoonlik kon mens 'n antwoord of versoek WhatsApp, nou sê die omroepers dit kan geTelegram word! Baie geluk, OFM, ek ondersteun julle 100% in … Lees voort Radio OFM het na Telegram geskuif

Tyd om adresboekie skoon te maak …

Met die hooffoto gee ek my ouderdom lelik weg. Ek het so 'n adresboekie in jy huis gehad, my ma ook ... ***** Ek dreig so lankal om my iMac, iPhone, iPad en windows rekenaar skoon te maak. Ontslae te raak van goed wat ek nie meer gebruik nie. Soon. En skielik het ek baie … Lees voort Tyd om adresboekie skoon te maak …

Waarom kies ek Signal?

Ek dink ek kan met sekerheid sê dat Signal die toep van my keuse is. Wat my persoonlike veiligheid en sekuriteit betref. En wat die maklike gebruik daarvan ook betref. Ek het reeds oor die rooi ligte met betrekking tot die veiligheid van gesprekke op WhatsApp en Telegram gesels. Kyk gerus onder vorige gesprekke. Nie … Lees voort Waarom kies ek Signal?

Telegram kan nie my enigste toep wees nie

Ek is besig om Telegram vir leerdoeleindes te toets en ek moet sê dat ek beïndruk is met die funksies wat beskikbaar is. Ek kan net dink hoe dit gebruik kan word om my lewe baie, baie makliker te maak. Ek is besig om 'n artikel daaroor te skryf. Maar daar rooi ligte. Daarom sal … Lees voort Telegram kan nie my enigste toep wees nie

Hoe veilig is WhatsApp?

Mark Zuckerberg het WhatsApp vir 'n aardige bedrag gekoop, ek lees vandag dat dit hom $55 dollar per gebruiker gekos het. In 2016. Sedertdien probeer hy om mense se WhatsApp inligting te bekom. Uiteindelik het Brian Acton, die een ontwikkelaar van WhatsApp uit sy posisie by Gacebook bedank. Het selfs $50 miljoen in die ontwikkeling … Lees voort Hoe veilig is WhatsApp?

Wie lees my Afrikaanse blogs?

Ek voel al 'n geruime tydjie om hierdie vraag te vra, want ek kyk so na die statistiek wat WordPress gee. Verwag om Suid-Afrika op die kaart te sien, net Suid-Afrika. En dan is lande wêreldwyd pienk gemerk om aan te dui dat my werk oor die grense van die land gevlieg het. En dit … Lees voort Wie lees my Afrikaanse blogs?

Iets nuuts in 2020 tydens grendeltyd

Bloguitdaging: Scrapy vra dat ons skryf oor iets nuuts wat ons in 2020 leer doen het. *** Die jaar 2020 het goed afgeskop, ons het in Januarie eers van Suid-Afrika af teruggekeer na Kazakhstan toe. En ons liefdestenks was weer vol. Ons het lank en lekker by ons kinders gekuier. Ons het ons huis sommer … Lees voort Iets nuuts in 2020 tydens grendeltyd

Goue Vroue, Maps.me en Mosambiek

Maps.me is blykbaar 'n goeie toep in Europa. Manlief se tolk in Öskemen. Kazakhstan het dit gebruik om die hele Europa vol te toer. Vir ons kon hy nie oortuig om dit in Kzakhstan te vertrou nie. Want ons sal dit nooit weer vertrou nie. Nie nadat ons dit in Mosambiek getoets het nie. Hierdie … Lees voort Goue Vroue, Maps.me en Mosambiek

Ek het nie meer ‘n weertoep nodig nie

Ek het so pas my weertoep, Weather Live, gestaak, want ek het dit nie meer nodig nie. Hier ken ek die weer, weet ek hoe om aan te trek as ek by die venster uitkyk en kan ek nie verkluim as ek nie reg aantrek nie. As ek in die oggend opstaan en die huis … Lees voort Ek het nie meer ‘n weertoep nodig nie

As my rekenaarprogram skielik Afrikaans met my praat

Ek weet wat ‘n “language bundle” is. Dit is ‘n webwerf of program se taalbondel wat afgelaai kan word om die program in jou taal te kan gebruik. Afrikaans. Ek gebruik Word egter nog altyd soos gekry, in Engels. Verlede week soek ek op die internet, het Word ‘n Afrikaanse taalversorger. Laai die taalbondel af … Lees voort As my rekenaarprogram skielik Afrikaans met my praat

‘n Baie oulike Bybel toep om aan te beveel

Ek het verlede jaar voorgeneem om die Bybel van hoek tot kant te lees. En aangeneem dat ek dit in ‘n jaar kan doen. Sonder die nodige ondersteuning, is dit egter ‘n moeilike taak. En toe ek weer sien, het die jaar verbygegaan en die Bybel is nie deurgelees nie. Die week soek ek ‘n … Lees voort ‘n Baie oulike Bybel toep om aan te beveel

Reis in die gees: Sê vir Speak to Go waarheen jy wil gaan

Google se nuwe tegnologie, Speak to Go, maak dit tans moontlik om in die gees na plekke te gaan waarheen die vlees nie kan gaan nie. Sit net Virtuele Realiteit (VR) kopstuk op, sê die naam van die plek waarheen jy wil gaan en voila, jy is daar! Hierdie tegnologie kan baie effektief in die … Lees voort Reis in die gees: Sê vir Speak to Go waarheen jy wil gaan

Globale tegnologie erken Afrikaans

Afrikaans laat haar nie onderdruk nie, dit is juis dan wat sy mense verplig om van haar kennis te neem. In hierdie artikel verwys ek na drie groot internasionale tegnologie-huise wat hul tegnologie in Afrikaans beskikbaar stel, naamlik Google, WordPress en Firefox. Daarmee word professor AP Grove se voorspelling in 1981 dat 'n taal, wat … Lees voort Globale tegnologie erken Afrikaans

Groot dokumente om te stuur? 10 beste toepassings

Soms moet mens groot dokumente deel, maar weier jou rekenaar om dit te stuur, of jy kry 'n foutboodskap van die ontvanger se eposstelsel omdat sulke groot lêers nie toegelaat word nie. Daar is egter 'n aantal keuses beskikbaar om die probleem te oorkom. My top 10 keuses in alfabetiese volgorde word vervolgens bekendgestel. Adobe … Lees voort Groot dokumente om te stuur? 10 beste toepassings