Ek dra donker kleure, het laas jaar hierdie tyd materiaal gekoop en vir my baie denim rompe gemaak.
Lees voort “My skielike liefde vir pienk”Maand: Oktober 2023
Ek dink ek kry nuus …
Verlede jaar hierdie tyd was dit soortgelyk, ons vakansie sou anders uitdraai as wat ons gehoop het.
Lees voort “Ek dink ek kry nuus …”Foto-uitdaging: My sampioen foto’s
Ek vertel vanoggend vir Anne dat haar sampioen foto’s, waarna sy wetenskaolik korrek as fungi verwys, baie mooi is. En dat ek ook daarvan hou om hulle af te neem.
Lees voort “Foto-uitdaging: My sampioen foto’s”En net so donder een week soos ‘n wilde perd verby
Genugtig, die weke vlieg te vinnig vir my, al voel dit soos ‘n ewigheid wat ek wag vir terugvoer nadat ek ‘n artikel ingedien het.
Lees voort “En net so donder een week soos ‘n wilde perd verby”Kleinkindpret: Groet by die gim
Ons en die kinders gaan na dieselfde gim. Aan hulle lywe kan mens sien dat hulle gim. Wel, ons twee gaan gim toe lyk dit my.
Hulle is so teen 5 daar want seun kom van die werk, en skoondogter ry om hom te kry, want sy is sy “buddy”. Kan soveel keer gim soos sy wil, maar moet saam met hom ingaan.
Dus wag sy en kleinseun soms vir seun om te kom. En ry ons so dat ons dan so bietjie kan gesels voor ons almal ingaan. Soms kuier ons, dan gaan ons in as seun laat is. Manlief kan net so lank wag …
Verlede week stop ons onder soos gewoonlik, sien geen kleinkind nie. Toe ons agteruit ry in die parkeerplek in, sien ons skoondogter het bo gestop.
En kleinseun hang by die venster uit. Toe kyk hy af en ek waai vir hom, al dink ek nie dat hy ons motor tussen ander sal uitken nie. Maar hy doen en hang verder uit, en skree: “Ouma-oupa!”
Dit is mos wat ons in die laaste tyd genoem word. Ouma-oupa, dan weet almal hy praat van hierdie ouma en oupa. Sy ander ouma en oupa noem hy ouma en ook oupa, want hulle is geskei en hy sien hulle nie saam as hy by een van hulle kuier nie. Ons is pakket, waar die een is, is die ander ene. En so tong in die kies, dalk is dit ‘n goeie rede om by hierdie oupa van hom te bly …
Maandag is ons reeds bo, ons was baie vroeg en het ingegaan. Ons wag nie by die motors nie, want hulle kon om een of ander rede nie kom nie, en dan staan ons en wag. Nie dat dit al meer as een keer gebeur het nie, maar ons ry om hulle raak te loop, en as hulle laat is, weet ons nie of hulle kom nie.
Maar, my oog is op die trappies terwyl ek op die ovaal loop of fiets ry die tyd wat hulle daar behoort aan te kom. En as ek hom sien opkom, vlieg ek af en wag in die paadjie. Want, hy moet by my verby kom om na sy gim te gaan. Dit is nou waar die kleintjies onder toesig vir hulle ouers wag en TV-kyk of net lekker speel.
Ek sien hom egter te laat, ek was op die ovaal agter die stapmasjiene en nie voor op die fietse nie. Ek sien net mamma wat agter hom aanhol, hy hardloop altyd voor uit.
Ek vlieg af en hol na die deur waar hy moet ingaan, wetende dat dit toe is en dat hy vir mamma moet wag. Mamma haal in en sê hy moet omdraai, ouma is op pad.
Ek is daar, tel op, drukkie en kry my soentjie. Dit is een baie hartseer deel van die pandemie – my drie ander kleinseuns mag nie meer soen nie, al het ek hulle nog nooit in my lewe aangesteek nie. Hulle ook nie vir my nie. Dit is nogal baie sleg vir my, seker daarom dat ek dit soveel geniet as hierdie ou dingetjie sy ouma nog mag soen. Ons soen nie as ek siek is nie, hy mag my steeds soen as hy siek is. Hy het my nog nooit aangesteek nie.
Iedergeval, Maandag tel ek hom op en die driejarige laat my verstom met sy woorde:
“Hallo my ouma”
Ek is mal daaroor.
En toe:
“Het jy ‘n lekke dag gehad?”
My dag was toevallig nie lekker nie, maar my antwoord was klokhelder.
“Ja, dankie dat jy vra. En joune?”
Hy lag, sê ja, wip af en weg is hy na sy gim toe.
My gunsteling veldblom
Blogvriendin Anne deel vandag veldblomme, en ook blomme wat ons koop, maar wat in die veld aanpas.
Lees voort “My gunsteling veldblom”