Ek kry vandag so Pinterest e-pos oor plasings wat my kan interesseer. En die een interesseer my toe sowaar dat ek verder gaan lees. Daarvolgens kan die tanien in tee die opname van yster in bloed in so mate beïnvloed dat dit tot bloedarmoede kan lei.
Lees voort “Kan tee bloedarmoede veroorsaak?”Etiket: tee
Heerlike geure Rooibostee
Ek het nie van die smaak van rooibostee gehou nie. Toe oortuig ek myself dat ek baie van rooibostee hou terwyl ek met my kinders swanger was. Want ek moes nog koffie los om hulle te beskerm.
Berton Oolong tee … nuwe lekkerte ontdek
Ek dink blogvriendin Anne gaan van hierdie tee hou. Dit is juis sy wat my oortuig het om Earl Grey tee weer ‘n kans te gee. Nou drink ek selfs Bergamot tee as ek nie lus is vir ‘n vrugte geur nie.
Lees voort “Berton Oolong tee … nuwe lekkerte ontdek”