Om ‘n Russiese plaatkoekie resep te verstaan …

Ek was goed opgewonde toe ek in A+ Supermark in die nuwe winkelsentrum 'n pakkie ontdek met 'n prentjie van 'n mengsel vir 'n gebak wat ek ken: plaatkoekies (flap jacks). Plaatkoekies in Öskemen, ala Ust'-Kamenogorsk, ons Ust in Qazaqstan. Die resep was agterop in Russies, Engels, Qazaq en Duits. Die Engelse weergawe is werklik … Lees voort Om ‘n Russiese plaatkoekie resep te verstaan …

Heerlike Russiese lawa-poeding: Thermomix

Ons stad raak al interessanter. Aanvanklik kon ek geen bokskoeke en -poedings opspoor nie, alles word hier van resepte af gemaak. En koekbak was een groot gesukkel, want ek moes eers leer wat meel, bakpoeier en koeksoda, gemmer en botter in Russies is. Botter lyk nie soos die botter wta ek ken nie. En toe … Lees voort Heerlike Russiese lawa-poeding: Thermomix

Vinnige blaardeegresep vir Thermomix

Ek koop gewoonlik blaardeeg, want ek het nie geweet dit is so maklik om die self te maak nie. Wel, met Thermie is dit regtig eenvoudig en maklik, ek het nie eens die deeg gaan koud maak nie. Bestanddele 130 g koekmeel 140 g yskoue botter 1/4 t sout 60 g yskoue water Metode Sny … Lees voort Vinnige blaardeegresep vir Thermomix

Resep vir tuisgemaakte hamburger rolletjies

Kan jy raai dat daar 'n land is waar nie baie van die mense hamburgers eet nie? Daarom is hamburger rolletjies ook nie te koop nie. Wel, daar is. Qazaqstan. Dalk is dit anders is die ou hoofstad (Almaty) of die nuwe hoofstad (Nur-Sultan). Maar in Ust is hamburgers so skaars soos hoendertande. Hier is … Lees voort Resep vir tuisgemaakte hamburger rolletjies

Resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee

Ek het 'n nuwe liefde ontdek. Sitrustee. Mens kry tot sakkies met pomelotee. Van Tess. Maar toe ontdek ek 'n piepklein koffiewinkeltjie. Eintlik 'n container wat in 'n koffiewinkeltjie omskep is. Wat wegneem koffie en tee maak. En sitrustee. Sy gooi sitrusstroop in die koppie, dan 'n skyfie pomelo en dan 'n teesakkie. En dan … Lees voort Resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee

Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood

Verlede week kry ek die blink plan oor hoe om brood in Qazaqstan vars te hou. Voorheen het ek twee keer gebak, maar die helfte van die brood word weggegooi omdat dit oud is. En ek doen nie al daardie moeite om brood weg te gooi nie. Dus het ek intussen vetkoek gebak en twee-twee … Lees voort Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood