So vertel die gids Vrydag vir my dat ek Saterdae en Sondae tussen 6 en 8 na die mark moet gaan. Om groente en vrugte direk by die boere te koop.
Lees voort “Skrik ek my koud vir ‘n boer by die Green Bazaar in Almaty”Etiket: kosmaak
Maggi maak van my ‘n bobaaskok in Almaty
Ek het al vertel dat die beesvleis hier baie taai kan wees. Ook dat die HR bestuurderes my geneem het om te sien hoe mens vleis op die mark koop. En toe ek vra hoe mens die twee snitte gaarmaak, het sy my verras aangekyk en geantwoord: Jy kook dit vir ses ure.
Lees voort “Maggi maak van my ‘n bobaaskok in Almaty”Alternatiewe gebruik vir kleefplastiek
My blogvriendin Toortsie skryf vandag oor GladWrap. En hoe mens van hierdie soort plastiek ontslae kan raak. Sy het voorstelle uit die dae voor Glad Wrap.
Lees voort “Alternatiewe gebruik vir kleefplastiek”Resep vir aartappelgereg in Almaty
My skoondogter kan ‘n lekker aartappelgereg maak. So lekker dat manlief gereeld hoop dat ek dit ook kan doen. Maar wat is nou lekker daaraan om dit so goed soos sy te kan doen? Dan geniet hy die kos mos nie so baie soos wanneer ons by seun en haar eet nie. Maar hy probeer gereeld.
Lees voort “Resep vir aartappelgereg in Almaty”Maggi sakkies in Qazaqstan
Goed, ek weet. Agteros kom ook in die kraal. Wens ek het dit in Suid-Afrika leer gebruik, dan hoef ek nie so te gesukkel het om die Russies te ontsyfer om te verstaan hoe dit werk nie.
Lees voort “Maggi sakkies in Qazaqstan”Na vier maande in Qazaqstan gaan ek baie goed mis as ek huis toe gaan
Na vier maande in Qazaqstan is daar reeds ‘n paar goed wat ek baie gaan mis wanneer ons teruggaan. ‘n Paar daarvan sal ek so stuk-stuk terugneem, om daar te geniet tot dit klaar is. Ander sal net in my herinneringe wees.
Lees voort “Na vier maande in Qazaqstan gaan ek baie goed mis as ek huis toe gaan”