Ek het eergister vertel dat ons na ‘n Kazakh-troue genooi is. En dat ek ‘n mooi rok vir die troue kon koop, in ‘n land waar valletjies en kantjies en plooitjies hoogty vier. Hou van die foto wat van ons maatskappy se gaste geneem is.
Lees voort “Ongemaklike oomblikke op ‘n Qazaq-troue se dansbaan”Maand: Junie 2019
Rok vir ‘n Kazakh-troue (2)
Ek het gister van die gesoek na ‘n rok vir die troue vertel. En sommiges van julle het gevra dat ek vertel of manlief toe die Aspoestertjie rok vir my gekoop het. Ek vertel verder.
Ons boek word amper vrygestel.
Iewers verlede jaar trek ‘n versoek vir voorstelle vir ‘n hoofstuk in ‘n internasionale boek my aandag op LinkedIn. Dit was so in my belangstellingsveld, maar die sluitingsdatum was reeds verby. Ek besluit toe om tog maar die redakteur te kontak om te hoor of ek steeds kan instuur. En sy antwoord beslis, sy wou die voorstel gister gehad het.
Lees voort “Ons boek word amper vrygestel.”‘n Paar minute in Aspoestertjie se skoene …
Eergister kom manlief tuis met ‘n raai wat? Ek is besig om kos te maak en nie lus om te raai nie, dus antwoord ek met: Vertel maar, ek dink nie ek sal kan raai nie. En toe wys hy die pragtige kaartjie, ons is na ‘n Kazakh-troue genooi, die bruidegomgedeelte van die troue. En ek is baie gek oor die meisie wat gaan trou, sy werk vir my man.
Lees voort “‘n Paar minute in Aspoestertjie se skoene …”Heimweë van ‘n plaasdogter
Kreukels en plooie het ons vanuit Nieu-Zeeland uitgedaag om vandag ‘n blog te skryf. So op die wasdag. Oor een van ‘n paar woordtemas. Hier is myne, ek het die plaastema gekies. Vandag dink ek met heimweë aan my grootworddae as ‘n plaasmeisie [my pa het eers plasie by Modderfontein gehuur (geboortde tot einde standerd 4), toe plaas by Chrissiesmeer gekoop (standerd 5 en helfte van standerd 6), toe plot oorkant vendusiekrale by Ermelo gekoop (res van standerd 6 tot ek getroud is) en daarna drie plase op die Amersfoortpad gekoop (nadat ek getroud is tot hy so vyf jaar gelede afgetree het)]. My dae as plaasmeisie is egter nou verweef met my dae as die dogter van ‘n blokman en later slaghuiseienaar [my pas was eers naweke blokman vir iemand anders, het later sy eie slaghuise besit: Witbrickslaghuis op die Potchefstroompad naby Westonarea , Libanonslaghuis aan die ander kant van Westonarea (tot einde van my st 4 jaar) en Ermelo slaghuis (nadat ek getroud is)]. In die res van die vertelling onthou ek grepe uit my kinderdae, soos dit in my gedagtes opgeroep is, dae wat nou met my lewe as die kind van ‘n blokman verweef is. En die herinneringe is nie noodwendig in chronologiese volgorde nie.
Lees voort “Heimweë van ‘n plaasdogter”Öskemendam: ‘n Stukkie geskiedenis in beeld
Ek dreig lankal om mooi foto’s van Öskemen dam te deel. Dit voel soos Harties se dam, maar die water is skoon. Ruik nie soos daardie groen plante nie, kan selfs na vis ruik. Ons was skaars hier toe ons daarheen geneem is vir ‘n spanbouoefening.
Lees voort “Öskemendam: ‘n Stukkie geskiedenis in beeld”