Ek lees nog so lekker toe ek op die een aflom wat sê dat ek baie meer verkeer as gewoonlik kry.
Lees voort “As statistiek jou jou alie laat afskrik”Maand: Junie 2020
Laaste Saterdag in Ust – verrassings en teleurstellings
Donderdag het ons reeds geweet. Ust gaan weer terug in grendeltyd, van Vrydag af sou dinge weer anders wees. En ons sit hoog en droog hier oor die naweek, as ons Vrydagaand al na Almaty kon vertrek.
Lees voort “Laaste Saterdag in Ust – verrassings en teleurstellings”Laaste Vrydag in Ust – Dusty bestyg haar koets
Ek het Donderdag begin skryf, want dalkies sou ek Vrydag glad nie tyd kry nie. Teen Vrydagmiddag vyfuur moet die trok gelaai wees. Om Dusty en ons paar bokse en tasse na Almaty te vat.
Lees voort “Laaste Vrydag in Ust – Dusty bestyg haar koets”Laaste Donderdag in Ust-Kamenogorsk
So staan ek en manlief vanoggend op die laaste Donderdag in Ust op, met ‘n slegte hoofpyn. Die rede daarvoor is, anders as wat baie nou sal dink, nie Covid-19 nie. Ons volg alle protokolle om ons teen virusinfeksies te beskerm.
Lees voort “Laaste Donderdag in Ust-Kamenogorsk”Die Groot Trek …
Ek het al vertel dat ons op 5 Maart 2020 in Öskemen geland het. Met vier slegs groot tasse, drie handbagasietasse en Thermie in haar drasak. Slegs dit wat daarin kon pas, is saam met ons na Qazaqstan. En natuurlik die bietjie wat in my handsak kon pas.
Lees voort “Die Groot Trek …”Laat ‘n jonge verkeerskonstabel my vandag bloos
Manlief WhatsApp vanoggend, hy kan nie etenstyd huis toe kom nie, kan ek dalk kossies na die park bring. Die park is tussen die huis en sy kantoor, nader aan sy kantoor en die huis. Ek willig in, het goeie stap nodig.
Lees voort “Laat ‘n jonge verkeerskonstabel my vandag bloos”