Gepubliseer in Joernaal

Ons is te besig om huis te groet …

Ek was van Donderdag af stil. Doodstil. Want ek het ‘n wilde naweek agter die blad. En ek voel vandag eers half mens. Steeds doodmoeg. Miskien omdat ek die hele dag gesukkel het om ‘n artikel vir ‘n bloguitdaging te skryf. Nou goed, nie die hele dag nie, maar tot naby 11 uur nadat ek net na vyf al begin het. Omdat die blok-redigeerder van WordPress ‘n nagmerrie is. In my boek voel dit soos ‘n hele dag.

Lees voort “Ons is te besig om huis te groet …”
Gepubliseer in Reisjoernaal

‘n Vinnige trek na Kuruman …

Ons het mos eers vir twee maande in ‘n woonstel in iemand se erf in Kathu gebly. Belaglik duur, elektrisiteit uitgesluit en water net elke tweede dag. Soms vir 4 dae aanmekaar net saans water, hulle maak pype iewers reg. Voeg daarby ‘n pad vol slaggate, wat by die dag erger geword het en ons het rede gehad om Kuruman te wil aandurf.

Lees voort “‘n Vinnige trek na Kuruman …”