Toe ons in Kazakstan gebly het, het seun ons van air fryers vertel. Iets wat ek glad nie geken het nie. Hoe goed hulle daarmee kos maak – olielose slap skyfies byvoorbeeld. Gesond. En ek was op die plek lus om ook ene te kry – my kleinkinders hou baie van slap skyfies.
Lees voort “Resep vir aartappelskyfies in lugbraaier”Etiket: resep
Gesplete geel-ertjie frikadelle: Thermomix
Vandat ons hier bly, sien ek die pakke met inhoud wat soos geel pitte lyk op die rakke. Op die pakke staan горох [gorog], wat baie soos marog klink. Die assosiasie met marog het my elke keer vinnig daar laat verbystap.
Lees voort “Gesplete geel-ertjie frikadelle: Thermomix”Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix
Gister het ek vertel van sago-poeding en dit het my teruggevat na my kinderjare. My ma het ons s’n met applekooskonfyt gemaak. Ek kan nou nie presies onthou hoe die resep gewerk het nie, maar ek het skielik lus gekry om appelkooskonfyt te maak.
Lees voort “Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix”
Thermomix resep vir Russiese lawa-poeding
Ons stad raak al interessanter. Aanvanklik kon ek geen bokskoeke en -poedings opspoor nie, alles word hier van resepte af gemaak. En koekbak was een groot gesukkel, want ek moes eers leer wat meel, bakpoeier en koeksoda, gemmer en botter in Russies is. Botter lyk nie soos die botter wta ek ken nie.
Thermomix resep vir hamburger rolletjies
Kan jy raai dat daar ‘n land is waar nie baie van die mense hamburgers eet nie? Daarom is hamburger rolletjies ook nie te koop nie. Wel, daar is. Qazaqstan.
Lees voort “Thermomix resep vir hamburger rolletjies”Thermomix resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee
Ek het ‘n nuwe liefde ontdek. Sitrustee. Mens kry tot sakkies met pomelotee. Van Tess.
Lees voort “Thermomix resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee”