Na twee maande in ust’-Kamenogorsk moet ons doodeenvoudig self braai. Want braaivleis in die restaurante hier proe nie soos braaivleis soos ons dit ken nie. So stap ons van winkel tot winkel, lekker ver uit mekaar omdat winkels hier baie anders is as in Suid-Afrika, op soek na iets wat sal werk om self te braai.
Lees voort “Braaivleis op ‘n piepklein stoepie in Oskemen”Maand: April 2019
Ons maak maar self biltong in Oskemen
Ons is nou amper twee maande in Kazakhstan en my man se lus vir biltong hang behoorlik uit. Die biltong masjien het saamgekom, maar toe word ons verras met vreemde vleissnitte. Kan nie sien of dit gebraai moet word of gekook moet word nie en die locals verstaan nie wat die probleem is nie.
Lees voort “Ons maak maar self biltong in Oskemen”