Dit is interessant hoe die lewe werk.
As jy ‘n juffrou was.
Dit is interessant hoe die lewe werk.
As jy ‘n juffrou was.
My gesin hou van pizza. Die kleinkinders kan met ‘n Hawain omgekoop word en manlief met ‘n Tika Chicken. Van brand hou ek nie, en ek moet ook van produkte wat van meel gemaak is, wegbly.
Lees voort “Thermomix Boere Pizza in Qazaqstan”Vandat ons hier bly, sien ek die pakke met inhoud wat soos geel pitte lyk op die rakke. Op die pakke staan горох [gorog], wat baie soos marog klink. Die assosiasie met marog het my elke keer vinnig daar laat verbystap.
Lees voort “Gesplete geel-ertjie frikadelle: Thermomix”Ek het verlede jaar voorgeneem om die Bybel van hoek tot kant te lees. En aangeneem dat ek dit in ‘n jaar kan doen. Sonder die nodige ondersteuning, is dit egter ‘n moeilike taak. En toe ek weer sien, het die jaar verbygegaan en die Bybel is nie deurgelees nie.
Lees voort “‘n Baie oulike Bybel toep om aan te beveel”Hier in Ust’-Kamenogorsk koop ons bevrore vrugte soos wat mens bevore groente in Suid-Afrika koop. In 1 kg of 5 kg pakke. Ek koop gereeld om die lekkerste ‘smoothies’ te maak as ons saans vir iets lekkers lus is. Thermie verander dit in ‘n japtrap in ‘n ysige lekkerte, wat ons in die somer of winter drink, want dit is mos warm ons huise ongeag die seisoen van die jaar.
September verlede jaar, toe ons in Almaty, die ou hoofstad van Qazaqstan was, het ek Macadamias op die mark raakgeloop. En dit het my so na Suid-Afrika laat verlang, dat ek dadelik gekoop het. Al is dit nogal baie duur teenoor ander neute wat hier te koop is.
Lees voort “Macadamias in Ust’-Kamenogorsk”