Foto-storie #2

Bloguitdaging: Kies 'n foto uit jou album. Skryf die storie daaragter op jou blog en deel hierdie skakel in die artikel sodat ek daarvan weet. https://christavanstaden.com/2021/02/22/bloguitdaging-foto-storie-1/ Of deel die skakel daarna in die kommentaar van hierdie artikel. Dit kan in Afrikaans of Engels of 'n ander taal wees. Die fokus is op die storie en … Lees voort Foto-storie #2

As mens jou paspoort nodig het om bier te koop …

Donderdagaand gee ons ons paspoorte vir die HR bestuurderes, ons visums verval amper en ons moet dit opdateer. Dit is belangrik, mens wil nie sonder ‘n visum in ‘n vreemde land wees nie. Ons gaan so week sonder visums wees, dalk selfs langer. Maar wat maak dit saak? Behalwe vir ‘n paar stoppe deur verkeerspolisie … Lees voort As mens jou paspoort nodig het om bier te koop …

‘n Vinnige uitstappie afgerond met ete by Mado in Almaty

Ons het gistermiddag gaan stap. Manlief was klaar in ander klere en glad nie lus om te gaan stap nie. Maar, ek kan nogal oortuigend wees as ek moet. Ek weet van ‘n riviertjie naby ons, vertel ek. Ag nee wat, sê hy, kan nie wees nie. Regtig, sê ek, dit is naby ons. Ek … Lees voort ‘n Vinnige uitstappie afgerond met ete by Mado in Almaty

Ken jy dit? Piepklein pynappelringe?

Kyk, in Qazaqstan is hier ‘n hele paar dinge wat anders as in Suid-Afrika. En ek ontdek na ‘n jaar en drie maande hier steeds interessante goed. Maar, ek was totaal uit die veld geslaan toe ons ‘n klein blikkie pynappels oopmaak en binne-in piepklein pynappelringe kry. Ons het opgesnyde pynappels verwag. Het jy al … Lees voort Ken jy dit? Piepklein pynappelringe?

Die lekker van ouer word … kies jou vriende

Soms vang ek die kritiek van jonger vrouens op ons ouer vrouens op. Veral as mens saam met hulle kuier. Daarom is ek sommer net so, op die oomblik, lus om oor die lekker van ouer wees te gesels. Om jou vriende te kies. Ek het lankal vrede gemaak met hoe ek lyk. Geen spesiale … Lees voort Die lekker van ouer word … kies jou vriende

Macadamias in Ust’-Kamenogorsk

September verlede jaar, toe ons in Almaty, die ou hoofstad van Qazaqstan was, het ek Macadamias op die mark raakgeloop. En dit het my so na Suid-Afrika laat verlang, dat ek dadelik gekoop het. Al is dit nogal baie duur teenoor ander neute wat hier te koop is. Ek het dit intussen nie in Ust’-Kamenogorsk … Lees voort Macadamias in Ust’-Kamenogorsk

Stoepbraai op ‘n afstand in grendeltyd in Qazaqstan

Kyk, ek gaan nie sê dat ek nie oor die grendeltyd in Öskemen hartseer is nie. Ek is hartseer en regtig baie. Ons kom so pas uit 'n baie koue, wit winter waartydens dit vir vier en 'n halwe maand lank te koud buite was om buite te stap vir die pret, toe dit selde … Lees voort Stoepbraai op ‘n afstand in grendeltyd in Qazaqstan

Om deel van ‘n aanlyngroep te wees

My studieveld is verhoudinge en hoe mense verhoudinge bou om 'n doel te bereik, veral as dit gaan om oor saamleer. Want dit is eintlik waaroor dit gaan, as daar nie 'n doel is nie, is dit nie die moeite werd om deel van 'n groep te wees nie. Op Facebook kan ek sien wie … Lees voort Om deel van ‘n aanlyngroep te wees

Ust’-Kamenagorsk word 4 Maart 2020 gegrendel

Sedert die eerste nuus ons hier in Qazaqstan bereik het, het ek geweet dat die dag vir ons ook sou kom. Om onder kwarantyn te gaan om die SARS-CoV-2 virus se tentakels te beperk. Die probleem is nie dat dit mense siek maak nie, maar eerder dat mense ander aansteek nog voordat hulle self weet … Lees voort Ust’-Kamenagorsk word 4 Maart 2020 gegrendel

Lente in Ust’-Kamenogorsk

Dit is nog baie, baie, baie koud. Die sneeu het vir vier maande dik oor die aarde gelê. En as dit een dag sneeu, het dit soos op die hooffoto gelyk. Wondermooi. Vrekkoud. My vingerpunte het ligte vriesbrand opgedoen toe ek buite was en hulle nie mooi beskerm het nie. Omdat ek nie besef het … Lees voort Lente in Ust’-Kamenogorsk