Foto-storie #2

Bloguitdaging: Kies 'n foto uit jou album. Skryf die storie daaragter op jou blog en deel hierdie skakel in die artikel sodat ek daarvan weet. https://christavanstaden.com/2021/02/22/bloguitdaging-foto-storie-1/ Of deel die skakel daarna in die kommentaar van hierdie artikel. Dit kan in Afrikaans of Engels of 'n ander taal wees. Die fokus is op die storie en … Lees voort Foto-storie #2

e-Pos uit Kazakhstan – Maart/April 2021 Sarie

Vanoggend was daar nog niks en toe ek weer kyk, is die nuutste Sarie op die rakke. Dit is nou die een waarin my e-pos uit Kazakhstan gepubliseer is. Kan mens regtig so knop op jou maag kry as jy sien dit is nou dit? Die Sarie is op die rakke, die artikel is gepubliseer. … Lees voort e-Pos uit Kazakhstan – Maart/April 2021 Sarie

Afwagting – artikel in Sarie

Verlede jaar, nog voordat die pandemie my in ons woonstel in Öskemen, Kazakhstan, ingeperk het, het ek Sarie gekontak omdat hulle onderhoude wou voer met Suid-Afrikaners wat in ander lande woon. Hulle mag my maar kontak. En terugvoer gekry, hulle wou graag onderhoud met my voer. Die vrae is gestuur en ek moes navorsing oor … Lees voort Afwagting – artikel in Sarie

Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen

Hierdie ware verhaal het 'n kinkel in die kabel, dit vorm deel van 'n bloguitdaging: Vir die doel van hierdie uitdaging word elke Goue Vrou uitgedaag om ‘n ware verhaal te vertel waarin sy waaghalsig, roekeloos, dapper, onverskillig, vreesloos, uitdagend, mal, koen, riskant, gevaarlik of heldhaftig was. Met een groot verskil. Soos gewoonlik is die res … Lees voort Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen

Eerste sneeu in Ust’-Kamenogorsk het geval

Ek gesels gister op WhatsApp met een van my vriendinne in Ust’-Kamenogorsk ala Öskemen. En word tot in my tande geskok. Die eerste sneeu het in Ust geval. Meer as 35 dae voordat die eerste sneeu verlede jaar geval het. Want, die eerste sneeu het op 12 November 2019 geval. Sy sê ek is seker … Lees voort Eerste sneeu in Ust’-Kamenogorsk het geval

‘n Ode aan spesiale vriendskappe tydens my verblyf in Kazakhstan

Ons gaan oor bietjie meer of minder as drie weke huis toe. En ek voel vandag lus om hulde aan ‘n paar vriendskappe te bring. Vriende wat ek hier in die vreemde ontmoet het, mense wat altyd ‘n plekkie in my hart sal hou. Ons het in hierdie land baie spesiale vriendskappe gesmee. Ek is … Lees voort ‘n Ode aan spesiale vriendskappe tydens my verblyf in Kazakhstan

Voetgangers in Öskemen – algehele vertroue in bestuurders

Ag my aarde, van die eerste keer wat ek in Ust’-Kamenogorsk, of Öskemen, in die noord-oostelike hoek van Qazaqstan aangekom het, het die voetgangers se ongeërgheid my gefassineer. Hier word nie op skool geleer om links, regs en dan weer links te kyk voordat jy oor die pad stap nie. Nee hier is voetgangers koning. … Lees voort Voetgangers in Öskemen – algehele vertroue in bestuurders

Aalwyne en ander huisplante in Qazaqstan

Ek dreig al so lank om hierdie artikel te skryf. Toe oortuig Anne, ‘n blogvriendin, se kommentaar op my kommentaar op haar foto my om dit vandag te skryf. Ek skryf oor die stoute sprinkaan wat die blare eet en sy antwoord dat aloes en grasshoppers ‘n wêreld verwyder is van waar ek nou is. … Lees voort Aalwyne en ander huisplante in Qazaqstan

‘n Diep laai met 32 pare sokkies vir Qazaqstan

Nou die dag stap ons in Arzan, ‘n supermark wat met Suid-Afrika se Metro vergelyk, om kos te koop. In Öskemen. Ek stop, soos ek gereeld in die winter gemaak het, by die rak vol wintersokkies en manlief sien sommer dadelik rooi. Kom, roep hy ongeduldig, jy het genoeg kouse. En ek staan verontwaardig. Regtig, … Lees voort ‘n Diep laai met 32 pare sokkies vir Qazaqstan

Laaste Sondag in Ust – tyd om koebaai te sê

En net so, voordat mens eintlik regtig besef, is dit die laaste Sondag voor ons Almaty toe gaan. Eintlik, die laaste dag voor ons vlieg. Want, môre-oggend vroeg is ons uit en weg. Vroeg, ja, maar dit sal nie vroeg voel nie. Dit is nou 6:15 en die son sit lekker hoog. Ons gaan net … Lees voort Laaste Sondag in Ust – tyd om koebaai te sê