Ek dink ek kan met ‘n eerlike hart sê dat ek moeg getrek is. Die afgelope drie jaar het ek elf keer getrek. En ons trek weer …
Lees voort “Ek is moeg getrek … en daar kom nog”Etiket: Kathu
Grappige karwas stories …
Ek het nou die dag so lekker gelag toe ek blogvriendin Una se karwas storie lees dat ek lus is om saam te gesels. Dankie, Una.
Lees voort “Grappige karwas stories …”En dan vra julle hoe ek in Kazakhstan oorleef het?
Ons het 18 maande in Kazakhstan gewoon. In Ust’-Kamenogorsk (Russies) of Öskemen (Kazakh), die hoofstad van die Oostelike provinsie, wat eintlik eerder noordoostelike Kazakhstan is, want ons het baie naby aan die grens met Rusland, Sjina en Mongolië gewoon.
Lees voort “En dan vra julle hoe ek in Kazakhstan oorleef het?”
Waterlose Kathu maak my lam …
Ons het die afgelope weke soveel reën gekry dat Kathu se velde groen van die gras staan. Gister die hele dag weer, met donderweer wat die krag in die huis uitgeslaan het. Ek het my koud geskrik.
Ek … die natgereënde hoender
La Nina is nog glad nie klaar met die koue, nat lug wat sy oor die oostelike helfte van Suid-Afrika injaag nie. Sy het die vog vir die tropiese sikloon Eloïse voorsien. Eloïse was die sewende tropiese depressie wat oor die oseaan gevorm het, die vyfde benoemde storm en die tweede tropiese sikloon van die 2020/21 seisoen. Eloïse het weens die gunstige toestande wat deur La Nina geskep word, gevorm.
La Nina: Paaie in Noord-Kaap breek op
Ons woon sedert 27 Desember 2020 in Kathu, ‘n oulike dorpie in die Noord-Kaap. En dit is soveel anders as wat ons verwag het. Dié deel van Suid-Afrika is veronderstel om nou baie warm en baie droog te wees.