Kleinkind is siek, en seun vra toe of hy Woensdag by my kan bly. Natuurlik sal ek nie weier nie, ek sien al lankal uit na ‘n langer kuiertjie met hom. Sy pa het hom skaars afgelaai toe hy my daaraan herinner dat ek ‘n Lego-stel beloof het.
Lees voort “Mens kan nie met jouself praat nie, Ouma!”Etiket: Ust’-Kamenogorsk
Die Kazakhs leef geloof …
Die meeste van die Kazakhs is Moslems, maar daar is ook Christene in die land. Tog leef hierdie mense geloof.
Die land is vanaf Oktober tot Maart onder ‘n sneeukombers gebêre. Spierwit en baie dik. Soms tot na Maart, maar in Maart word ‘n strooipop met die naam Maslitsa aan die brand gesteek in elke dorp – om vir die winter voertsek te sê, want dit is darem nou regtig tyd vir lente.
Dit is dan steeds koud, die sneeu smelt en vries en smelt op die paaie en loopvlakke om swartsneeu te vorm. Dit lyk soos hobbels in die pad, lyk soos teer, maar behoede die een wat hom vergis. Want jou voete woerts onder jou uit – en jy land met een slag op die hobbels. Ek het absoluut seker gemaak dat ek swart sneeu deeglik vermy.
Maar, ek wil eintlik vertel oor geloof. Wanneer die sneeu smelt is die blombeddings wat onder die sneeu was die ene modder. En dan vind mens vrouens gehurk langs die beddens. Met bokse vol blomme wat geplant moet word.

En as jy weer sien, is die strate een fees van blomme.
Blomme wat in Oktober weer onder die sneeu begrawe word. Sodat hulle volgende jaar weer moet plant.
Hierdie geloof dat die blomme gaan groei het my elke keer verwonderd gelaat. Want dit is in Maart steeds ysig, jy loop dan met Kiway baadjies – wat ons hier in die winter dra. Die plante gee egter nie om nie, hulle is dankbaar oor die ysige grond waarin hulle geplant word. Grond wat nog nie water nodig het nie, daar is genoeg in die aarde.
Dit word Maart tot Junie stelselmatig warmer tot mens klere sonder moue in die somer kan dra. Somer strek so van Junie tot Augustus, dus is Junie nog koud. En dan word dit stelselmatig kouer en kouer tot subzero’s in Oktober bereik word.
As ek iets moet mis, is dit hierdie nie omgee dat die nuwe blomme in Oktober weer onder ‘n sneeukombers begrawe gaan word nie. Die liefde vir mooimaak, die mooimaak van strate in die dorpies en stede, maar hoofsaaklik in die stede mis ek ook.
Die gehuggies se mense sukkel om kop bo water te hou, selfs hulle tuine sukkel. Maar, almal plant weer blomme.
Ek verbeel my Suid-Afrika was eens op ‘n tyd so …
Maslenitsa tyd in Kazakhstan
Vanoggend kom dit net skielik by my op, dit is Maslenitsa tyd in Kazakhstan.
Lees voort “Maslenitsa tyd in Kazakhstan”Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen
Hierdie ware verhaal het ‘n kinkel in die kabel, dit vorm deel van ‘n bloguitdaging:
Lees voort “Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen”
Kalenderfoto vir Augustusmaand en resep vir Kazakhgeïnspireerde kersfeesrooibostee
Die Goue Vroue het weerens ‘n bloguitdaging gestel: Deel jou kalenderfoto vir jou verjaarsdagmaand en ‘n resep vir die kookkunsklasse wat ons op Rebusfontein moes aanbied.
Lees voort “Kalenderfoto vir Augustusmaand en resep vir Kazakhgeïnspireerde kersfeesrooibostee”
Om in ‘n land te oorleef waarvan ek die taal nie verstaan nie
Ons het in Maartb 2019 die groot stap geneem om in Kazakhstan te gaan bly. Maar nie in een van die twee groot hoofstede waar mense Engels verstaan nie. In Öskemen, hoofstad van die Oostelike provinsie. Daar waar Engels ‘n vreemde taal is …
Lees voort “Om in ‘n land te oorleef waarvan ek die taal nie verstaan nie”