Van kleinsaf fassineer reënboë my. Enige deel van ‘n reënboog. En alles wat daarmee gepaard gaan – gedigte en liedjies en foto’s. Soms het ek net ‘n oomblik om die foto te neem …
Soos toe ek hierdie pragtige prent voor ons oor die pad gesien het. Manlief wou nie stop nie, dit is ‘n slegte pad. Lang rye motors hoop agter trokke op. As jy eers afgaan, kom jy nie weer in nie. En hy was so pas verby al die trokke wat ons laat ophoop het.
Die foto is op die N14 geneem, uit Venstersdorp se rigting na Ruimsig se kant toe. Dus op die deel van die pad naby die Denny sampioenfabriek. Ek moes maar deur die voorruit neem, verskoon dus die merke – dit was op die voorruit van die bakkie.
Die prentjie self is iets wat ek moes deel. Ek wou al nadat Scrapy hare gedeel het, maar toe vergeet ek om die foto te gaan soek. My iPad het egter besluit om dit sommer namens my te doen …

Ek het die spel met lig en donker geniet. Donker doer ver bo, lig onder die reënboog.
Het jy ‘n soortgelyke foto?
Dit is regtig ‘n besonderse foto. As dit so ‘n volle reënboog is, is dit altyd nog meer spesiaal. Ja, die lig en die donker is besinder mooi.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie, ek wens ek het gekerm tot hy stop …
LikeLiked by 1 person
Ek weet hulle stop nie graag as daar baie verkeer is en veral lorries is wat weer verbygesteek moet word nie.
LikeLiked by 1 person
Hmmm, en deur die venster kon ek dit nie afgeneem kry nie.
LikeLiked by 1 person
Jy het goed gedoen.
LikeLiked by 1 person
Ek stem so saam Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Ek het verlede jaar n perfekte halfmaan gekry , maar die kamera kon dit nie inkry nie, ek was te naby.
LikeLiked by 1 person
Ag Appeltjie, dan weet jy hoe dit voel … soos die een wat weggekom het …
LikeLike
Christa,dis ‘n besonderse pragfoto!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLike
Dit is pragtig! Ek sukkel altyd om so ‘n skoot in te kry. Gou gesond word! 💖
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek waardeer dit vriendin.
LikeLike
😆😆
LikeLike
Dis regtig ń baie besonderse foto, Christa! Dis asof jy dit op die perfekte oomblik vasgevang het.
LikeLiked by 1 person
Dit is waar, Una, van die pad af het ek die pad gemis.
LikeLike
Pragtige foto, reenboë fassineer my ook
LikeLiked by 1 person
Dankie, altyd wonderlik om een te sien.
LikeLike
Sjoe, dis nou n reenboog wat wys wat dit beteken dat die reen ophou. Dis n uitstaande foto. Kan my verkyk aan hom so mooi is dit.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Scrapy.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n pragtige foto Christa!!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Aletta, wens die ruit was skoner.
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLiked by 1 person
plesier!
LikeLike
Dis ‘n pragtige foto en wat die foto spesiaal vir my maak is die feit dat daardie ‘merke’ die ‘merke’ is van insekte! Ek het nie baie lank terug ‘n artikel gelees (aanlyn) waarin daar gese word dat die eerste teken dat insekte minder raak (later uitsterf) is die ‘merke’ wat nie meer op karre se voorruite gesien word nie. Toe ek dit lees, het ek dadelik teruggedink aan jare terug toe ek gery het en my voorruit so vol merke was en nou is dit slegs enkeles. Dis hartseer om so daaraan te dink.
LikeLiked by 1 person
Nikita, dit is so. As mens ver gery het, was jou ruit skoon taai van insekte. En jou kar se neus. Ek is nou sommer hartseer.
LikeLiked by 1 person