‘n Homoniem is ‘n woord wat net soos ‘n ander woord gespel word, maar waarvan die betekenis verskil.
Lees voort “Homonieme …”Kategorie: Akademies
En nou is daar ‘n vyfde oseaan
Vandat ek kan onthou, het die aarde vier oseane gehad. En nou is daar vyf en die moontlikheid dat ‘n sesde wat in die volgende miljoen jaar gaan ontwikkel.
‘n Oseaan word normaalweg omskryf as die wateroppervlak tussen twee of meer vastelande. Sedert 1915 het karteerders vier oseane (met hulle seë) geïdentifiseer, naamlik die Stille Oseaan, die Indiese oseaan, die Arktiese oseaan en die Atlantiese oseaan.
Die Stille oseaan is die grootste en beslaan ongeveer ‘n derde van die aarde se oppervlak. Hierdie oseaan lê tussen Australië en Asië aan die een kant en Noord- en Suid-Amerika aan die ander kant. Interessant om te weet as mens in gedagte hou dat die aarde se oppervlakte ook 30% beslaan.
Die Atlantiese oseaan is die tweede grootste en beslaan ongeveer 20% van die aarde se oppervlak. Hierdie oseaan verbind Afrika en Europa met die ander kant van Noord- en Suid-Amerika.
Die Indiese oseaan is die derde grootste en bied ‘n belangrike handelsroete tussen Afrika en Indië omdat die twee vastelande verbind word.
Die Arktiese oseaan word by die noordpool aangetref en is die minste sout van al die oseane weens die vars water wat gereeld vorm as yslae smelt.
En onlangs, op 8 Junie 2021 om presies te wees, is ‘n vyfde oseaan benoem, naamlik die Suidelike oseaan. Soos sy naam aandui, word hy by die suidpool, of Antarktika aangetref. Die oseaan is benoem omdat hy op belangrike wyses verskil van die drie oseane wat aan hom grens, naamlik die Stille, Indiese en Atlantiese oseaan. Anders as in die gewone sin van die woord oseaan, word die oseaan nie tussen twee of meer vastelande aangetref nie, maar omring die Suidelike oseaan die hele Antarktika (sien foto). Sommiges verwys na hierdie oseaan as die Antarktiese oseaan.
Ek vind dit baie interessant dat die nuwe oseaan in my leeftyd benoem is. Heel waarskynlik omdat ek nou my Geografie aantekeninge sou moes aanpas om erkenning aan die vyfde oseaan te gee. Ek kan byna met sekerheid voorspel dat hierdie oseaan deel van die matrieks se eindeksamen gaan vorm. Dit is ‘n belangrike gebeurtenis as ‘n nuwe oseaan na meer as ‘n eeu benoem word.
Die uitsig van ‘n sesde oseaan wat gaan vorm, voel nie soos ‘n werklikheid nie omdat dit binne die volgende miljoen jaar gaan gebeur. As die voorspelling natuurlik waar is … Geeneen van ons gaan dan nog die aarde bewandel nie.
Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses
Maandag kry ek weer ‘n boodskap van ‘n wildvreemde professor van ‘n iniversiteit waarvan ek nog net gelees het in my inboks – sal ek vir ‘n internasionale vaktydskrif ‘n eweknie beoordeling doen? Ek kyk na die ou e-posadres wat gebruik is en wonder hoe hulle op my afgekom het. Maar die titel trek my soos ‘n magneet – eportefeuljes.
Lees voort “Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses”Toespraak oor begaafde kinders vir SAOU
Julle gaan sowaar glo dat ek ‘n vrou is wat nie by my woord hou nie. Want ek het skaars ‘n maand of drie gelede geskryf dat ek nie weer ‘n toespraak gaan lewer nie. Wel … dit het so gekom.
Lees voort “Toespraak oor begaafde kinders vir SAOU”533 miljoen Facebook gebruikers se data gesteel
Saterdag 3 April 2021 het Alan Gal, ‘n kubersekuriteitsagent, ontdek dat 533 miljoen Facebook gebruikers se persoonlike inligting gratis in ‘n forum vir kuberskelms gedeel is.
Lees voort “533 miljoen Facebook gebruikers se data gesteel”
LitNet Akademies se adviesraad
Verlede week kry ek ‘n e-pos wat my terselfdertyd geskok en ontsettend geëerd laat voel het.
Internasionale moedertaaldag – 21 Februarie ‘21
Ek moes dit net doen … die datum. Lyk dit nie interessant nie?
Lees voort “Internasionale moedertaaldag – 21 Februarie ‘21”
So daar is nie iets soos Afrikaans nie?
Ek lees so rukkie gelede ‘n Facebook inskrywing van ‘n vrou wat dink dat sy iets sinvols kwytgeraak het. Om presies te wees op 1 September 2020.
Lees voort “So daar is nie iets soos Afrikaans nie?”Nog ‘n hoofstuk vir internasionale boek aanvaar …
Ek was in Januarie 2020 vuur en vlam en het voorstelle vir drie boeke ingestuur. Al drie is aanvaar. Teen middel Maart het ek geweet dat ek drie hoofstukke gaan moet skryf. En ek was vuur en vlam, want dit was goeie nuus en ek het geweet wat ek wou ondersoek.
Lees voort “Nog ‘n hoofstuk vir internasionale boek aanvaar …”Selfstandige naamwoorde
Die selfstandige naamwoord (s.nw) is ‘n woord wat na ‘n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap verwys.
Lees voort “Selfstandige naamwoorde”