Ek het mos al vertel hoe vinnig ek uit badkamer is toe hulle hom so ruk gelede van die doeke wou afhaal. Toe ek speel dat ek op die toilet sit, is ek aangesê om my doek uit te trek.
Met seun saam in die badkamer is daar geen manier nie, dus is ek rooi gesig daar uit. Om in die sitkamer heerlik oor my penarie te lag. maar ook bly dat ek weg kn kom.
Nou is hy behoorlik van die doeke af. En die baba toilet wat ouma gekoop het, word nou gereeld gebruik.
Ek het ook vertel dat ek so na hom verlang want ek het hom soms tot 12 ure per dag gesien. Nou sien ek hom Donderdae van 5-8 wanneer hulle hier eet en hy bad, dus is ek besig met kos en opskep en regmaak vir aandete en hy besig met bad is dit nie regtig vier ure nie.
Gister bel seun, kan hy by my bly vir die dag? Hy het hoë koors, hulle het deur die nag gesukkel en hy kan nie so skool toe gaan nie. Mamma het ‘n “deadline” en in die publikasie wêreld is dit geen grap nie.
Natuurlik sê ek ja, hy kan by sy ouma kom bly.
Ek het vir hom Franse roosterbrood gemaak, met kaneel en suiker. Soos Dollatjie ons geleer het. Hy noem dit pannekoekies, oulik wamt dit proe seker baie pannekoekerig.
Hy het skaars begin eet, toe sê hy ouma ek wil piepie en p@@p en poef. En weg is ons twee na die toilet toe.
Daar gekom word ek opgekommandeer:
“Piepie, Ouma”
“Op ‘n toilet!”
Ek sit op die toilet, maar nee, dit is nie reg nie.
“Boek af, Ouma”
Hy onderhandel nie toe ek sê hy moet eers uittrek nie, ouma eerste.
Met die lang hemp bo-oor, doen ek soos hy sê, die nodige tot op die knieë afgetrek.
Voor ek mooi verstaan wat hy verder praat, word my goedjies vinnig soos blit tot op my voete afgestroop.
“So, Ouma”
En ek neem aan dit is hoe die juffrouens of hulle assistente dit doen. Met die broekies op die voetjies kan die kleuters mos niks per ongeluk bemors nie?
Toe trek hy sy broekie af, sy slaapdoek af en sit hy op die toilet.
En ek kry kommentaar soos hy vorder, want hy buk so elke nou bykans tussen die beentjies in op te kyk wat in die pottie val.
“Ek piepie ouma, dit is geel.”
Mooi so, en sy naampie. Jy doen baie goed.
“Dit is ‘n groot poef, ouma.”
Sjoe, dit is groot.
“En ‘n kleintjie, ouma.”
Regtig? Ja ek sien, dit is baie kleiner as die ander ene.
“Kyk, ouma”
En die ou watsenaampie word uit die pad gehou dat ek kan kyk.
Ek is baie trots op die outjie, hy doen dit so goed.
“Klim af. Ouma”
En ek gehoorsaam baie gelukkig dat ek van die “spot” afgehaal is.
Toe word die toilet se sitplekkie opgetel en die bakkie met bewyse word in die toilet ingegooi.
Dan soek hy tissue en vee af. Beide plekke wat iets uitgelaat het. Is dit nie oulik nie?
En gooi dit ook in die toilet. En dan mag ouma die verdere skoonmaakwerk aan die boudjies doen.
En nadat ons handjies gewas het, gaan eet ons ons pannekoekbroodjies verder.
Hy het min geëet want die koors het opgejaag en my nogal groot laat skrik. Daarvan vertel ek ‘n volgende keer.
Ag so onskuldig en dierbaar. Hoop hy word gou gesond
LikeLiked by 1 person
n Ouma is n ouma is n ouma. En ons sal enigiets vir so n kind dorn
LikeLiked by 1 person
Ons sal, sal ons nie. En dit is absoluut heerlik om te vergeet dat ek ‘n ou tannie is.
LikeLike