Nou ja toe, ek het toe die skuif gemaak. Tot my grootste frustrasie! En ek wou juis nie.
Dit lyk soos WP, maar alles is mos nou groen en nie meer blou nie. Die rustigheid is weg, die groen voel of dit my brein oordadig aktiveer. Asof dit my aanjaag …
Maar, dit is nie my grootste frustrasie nie.
As ek ‘n prent wil oplaai, laai dit nie op nie, daar is slegs een prent beskikbaar in die biblioteek. En raai watter een? Jetpack se lelike logo. Ek kan nie prente oplaai nie.
Ek het die probleem opgelos deur die foto eers in die media lêer op te laai en daarna na die plasing terug te gaan om dit vanaf die WordPress biblioteek in te trek.
Eers vanoggend, toe ek weer sukkel en orals op plekkies druk, vertel dit my dat ek eers toestemming moet gee dat Jetpack my foto’s mag bekyk!
Die probleem is so opgelos.
As jy dus nie jou foto’s kan sien nie, moet jy eers na jou foon of tablet se instellings toe gaan en Jetpack daar toestemming verleen om te kyk.
Ek mag seker nie kla nie, dit beteken darem dat hulle die privaatheidinstellings van my foon respekteer.
Maar, kon dit nie maar tydens die opstelproses – of dan oorskakelingsproses – sommer ook gedoen word nie?
Baie dankie vir die terugvoer so ver. U is nou omtrent soos ‘n pionier op die nuwe Jetpack stelsel. Ek glo daat jou skrywes ander bloggers kan help. Ek hoop Automatic gee ook aandag aan die bestuur van toestemming op jou tablet of foon. Ander toepassings vra gewoonlik die toestemmings wat hulle nodig het. Dus hoef Jetpack ook nie skaam te wees nie.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, so leer ons bymekaar. Ek dink ek gaan net die m.wordpress.com gebruik.
LikeLike