Ek het mos gewik en weeg of ek na Jetpack g.aan skuif. Veral omdat dit baie lekker sal wees om nie meer stats oor Griekeland te kry nie.
Maar, nou ja, van my vriende het oorgeskuif en hulle ondervind redelik min probleme met die skuif. Ander beleef frustrasies, dus het ek die skuif gemaak om te kan rapporteer oor die goed en sleg daarvan. Dalk kan ek hulle help?
Iedergeval, die skuif was vinnig en maklik. Dit lyk asof al my goed in plek is. En dit werl dieselfde.
Al verskil is dat alles nou in grasgroene is. Ek het die sagte boou van WP baie meer geniet, dit was kalmerend op my gemoed. Seker maar omdat dit my aan die see laat dink.
Asof die see altyd sagte blou is.
Van ons huis in Stilbaai sien ek dat dit selfs baie donkerblou kan wees. En vaal. Maar darem nie so vaal soos die Vaalrivier nie. Daardie rivier weet nie hoe ‘n rivier moet lyk nie ….
Iedergeval, ek het geskuif. En as dit pla, vee ek die toep uit en werk ek net op my webblaaier met WP.
Een punt wat ek opgelet het. Jy moet jou ou WP toep uitvee en nie weer daar werk nie, net op die nuwe groen Jetpack toep. Dalk help dit? Dalk het jy op beide gewerk as iets missien geraak het? Ek weet nie, dit lyk net soos ‘n moontlikheid omdat hulle daarteen waarsku.
Sal bietjie kyk
LikeLike
Ai ek is bly Jetpack werk sonder te veel probleme. Ek hoop hulle doen darem iets aan die grasgroen voorkoms. Het u toe die WordPress mobiele webblad probeer?
LikeLiked by 1 person
Ek het, en ek geniet dit baie meer as die Jetpack ding. Kan jy glo? Mens kan nie prente oplaai nie!
LikeLike
Dis nou ‘n probleem ja. Die beste is maar om jou artikel te skryf en dit dan as ‘n rofwerk (draft) te stoor. Dan kan mens die foto’s van daar af inwerk.
LikeLiked by 1 person
Sommer makliker om die een te gebruik wat jy voorstel. Maar, ja, dit kan ook werk. Ek verpes dit net as opgradering afgradering behels.
LikeLike
Ek sal nou nie kla oor die groen nie…is mos maar groen bedinges. Moet sê ek het niks snaaks ondervind nie. Was maklik en vinnig.
LikeLiked by 1 person
Is jou media beskikbaar?
LikeLiked by 1 person
Jip…ek het gisteraand weer n blog geskryf met fotos wat ek gister afgeneem het.
LikeLiked by 1 person
Ek dink my privaatheidinstellings vir toeps is net baie strenger as ander mense s’n. Ek gee nie sommer toestemmimng nie, dit is dalk waarom dit met my gebeur het?
LikeLiked by 1 person
Jong, ek dink ook so. Soms raak ek sommer so g..vol vir tegnologie.😭
LikeLiked by 1 person
Maar, ai, dit maak mens se lewe ook makliker.
LikeLiked by 1 person
Jip. Dis daai love/hate verhouding!
LikeLiked by 1 person