Gepubliseer in Joernaal

So, wat is anders in Qazaqstan?

Ek dreig al so lank om te skryf oor die goed wat anders is. Dus moet ek sommer net nou met die deur in die huis val.

Die eerste vreemde ding was dat almal, maar almal stap. Werk toe, busstop toe. Trem toe. Winkels toe. Almal stap.

Tweedens was dit vreemd om te leer om skoene by die deur agter te laat. Vreemd as vreemde mans baadjies en skoene by my voordeur uittrek en weer aantrek. En ek het aanvanklik gegiggel as ek dink wat skinderbekke in Suid-Afrika daarvan sou maak …

Derdens is dit vreemd om soveel ou trokke in die strate te sien. Stokoud, lyk soos vragmotors uit my kinderdae. So asof ek veertig jaar lank geslaap het.

Vierdens kan ek nie van die vleissnitte vergeet nie. Ook nie van ‘n slaghuislose land nie. Ook nie dat ek altyd versigtig moet wees om nie per ongeluk perd in te kry nie.

Die massiewe verskeidenheid tees is belis volgende op die lys. Koffie is nog so effens van ‘n vreemde verskynsel, maar mens kry Jacobs en Nestlé te koop.

Ek skat ‘n braaivleislose kultuur is volgende op die lys. Maar hulle Shashlicks maak daarvoor op. Dit is sosaties, maar bestaan sommer uit drie of vier tjoppies op een stokkie. Alles net vir my.

Die verskeidenheid restaurante is ook op die lys, daar is op elke hoek en draai ene. Heerlike verskynsel, ons word tot in die aarde bederf met keuses.

‘n Land waarin Engels ‘n vreemde verskynsel is, is nogal lekker. As hulle Afrikaans kon verstaan. Dit is vreemd om met handgebare te praat as die woorde ontbreek, maar ons kom goed reg, dankie …

Dit is vreemd om so veilig te leef. In ‘n land waar mens die teenoorgestelde verwag. Ons kar staan in die straat. Manlief het Sondag sy beursie buite die hotel op die stoep vergeet. Later ‘n oproep gekry. Die hotel het dit vir ons gebring. Dit sou massiewe probleem gewees het as dit weg was. Sy paspoort is daarin!

Dit is vreemd dat BMW en Mercedes en Volkswagen in die absolute minderheid is. Hier vier Toyota hoogty. En is dit peperduur rygoed.

Daar is nog ‘n paar vreemde goed. Een wil ek nie noem nie. Dit is beter om slapende honde nie wakker te maak nie …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “So, wat is anders in Qazaqstan?

  1. Ek lê hier by die kinders in die bed en lees. Vreemd om nie by my eie huis te wees nie. Ek hoop jy besef hoe geniet ons jou skrywes, Christa.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.