Ek weet nie of jy al agtergekom het nie, maar ChatGPT skryf unieke tekste. So uniek dat Turnitin dit as oorspronklik aanvaar omdat dit nie met tekste in sy databasis ooreenkom nie.
Dit is moontlik omdat die kletsbot statistiek gebruik om die volgende woord te kies. Ek kan nie eens begin dink hoe vinnig daardie kuberbrein moet wees om binne sekondes lang response te gee nie. Maar die punt wat ek wil maak, is dat die response baie uniek is.
As jy nie met die eerste probeerslag tevrede is nie, kan jy op “regenerate” klik om ‘n tweede, derde of vierde respons te kry. Volgens een van my vriendinne kon sy die vier probeerslae saamsit om ‘n baie goeie definisie van differensiasie te kry.
Probeer dit gerus en laat weet na hoeveel probeerslae jy tevrede was met die antwoord.
Jy kan die kletsbot natuurlik ook leer, ek verduidelik volgende keer.
Gesels saam, hoe goed was die antwoorde? Eerste keer tevrede? Hoeveel probeerslae om tevrede te wees?
Nog nie probeer nie, is net te besig.
LikeLike