Gepubliseer in Joernaal

Tydelike PVA met WP en Jetpack

Ek het gevra, maar nie raad gekry nie. Dus gaan ek self plan moet maak. Volgens die advertensie het die nuwe Jetpack toep kennisgewings, ‘n leser en statistiek.

Wel, my WP-toep het dit ook. Tot die 8ste Maart.

Daarna skuif dit na Jetpack. Om die WP-toep kaalbas te los. Ek verstaan nie mooi waarom ek nou na die Jetpack een moet skuif nie. Ek gaan dit dus nie aflaai en gebruik voor dit bewys het al die probleme en goggas is uitgesorteer nie.

Klink alte lekker om WP as toep te hê soos dit was. Geen stats, geen leser, net ‘n plek waar ek my artikels kan tik, of my gedagtes dan kan neerpen. Dus gaan ek vir eers by die WP-toep bly.

Ek sal dan die webwerf gebruik vir die res, dus https://wordpress.com toe gaan as ek stats wil sien en wil lees.

Tydelike oplossing vir my.

Want, ek het WP al erg uitgetrap oor veranderinge wat martelinge word.

Soos byvoorbeeld die blok-redigeerder wat dit basies onmoontlik maak om te kopieer en plak. Of uit te vee. Mens moet dit blok vir blok doen. ‘n Irritasie.

Ek is nie op die oomblik lus vir irritasies nie, daar is genoeg wat my aandag verdeel. Oorstroomde huis wat een of ander tyd weer volgetrek moet word, siek woefkind wat nie gesond gaan word nie, gunsteling-redaktrise wat aftree weens gesondheidsprobleme, en meer …

Besluite en nogmaals besluite.

Ek het nie krag om te sukkel met iets wat gewerk het nie. Selfs al werk dit wel goed? Maar niemand weet nie?

Ek moet net die woord aanvaar dat dit “beter” is. Beter vir wie? Vir my of vir hulle?

Laat dit maar eers bewys dat dit betroubaar is.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Tydelike PVA met WP en Jetpack

  1. So bly jy as kenner het my raad gegee. Ek gaan ook eers net hier bly totdat julle slimmes alles uit-gefigure her! Ek verstaan nou nog nie eers die block editor nie. Dit frustreer my grensloos, dis díe dat ek in Word tik en dan copy en paste. Dit word al moeiliker om te blog.

    Liked by 1 person

    1. Jong, ek ken sommige tegnologie goed en ander glad nie. WP moet vir my lekker werk, ek is nie lus vir sukkel nie. As ek dan die langer roete moet volg, doen ek dit eerder as om te skuif na iets wat nog nie voldoende getoets is nie.

      Liked by 1 person

  2. ‘Don’t scratch where there is no itch’, maar hulle doen dit aanhoudelik. Ek gebruik nie die blok-redigeerder nie, maar nog steeds die Classic editor, net soos Seegogga.

    Liked by 1 person

    1. Ek kan net nie genoeg met jou saamstem nie. Mendeley is weer besig om my baie kwaad te maak, veral omdat ek deur Oom Gates se Microsoft moet aansluit en nie meer soos altyd nie. En dit skep soveel probleme. Ek is nie lus om met iets wat lekker was ook te sukkel nie. So bly julle voel soos ekke.

      Liked by 1 person

  3. Hier is dalk ‘n oplossing vir diegene wat nog huiwerig is oor die nuwe Jetpack. Indien jy ‘n wordpress.com blog het of wordpress.com gebruik om na jou blog toe te post, dan kan jy die volgende gebruik.
    http://m.wordpress.com
    Dis WordPress se mobiele blad vir selfone en werk selfs goed op die rekenaar ook. Jy kan jou besoekerstalle van die laaste twee dae daar kry en daar is ook ‘n mobiele formblad waar jy nuwe inskrywings kan plaas met aparte afdelings vir die titel, die artikel, kategorie en etikette, oftewel tags. Daar is geen lastige blokredigeerder nie, net ‘n gemaklike mobiele redigeerder sonder onsin. Ek weet nie hoe goed dit met die Ipad se browser sal werk nie, maar dit werk goed saam met Windows browsers soos Chrome en Brave.

    Liked by 1 person

    1. Dit is uitstekende raad, baie dankie. Mobiele webblaaie is aansienlik kleiner as die vir rekenaars en behoort maklik te laai. En … as dit die die blokredigeerder het nie, gebruik ek dit eerder as ietas anders.

      Like

  4. Hier is dalk ‘n goeie idee vir diegene wat nog huiwerig is oor Jetpack. Gebruik m.wordpress.com, dis die mobiele webwerf van WordPress. Jy kan die laaste twee dae se besoekerstalle kry en selfs nuwe inskrywings hier plaas. Geen gesukkel met blokredigeerders nie. Net ‘n gewone plain text editor wat jou inskrywings kan plaas. Jy kan ook kategorie en etikette maklik invoer.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.