Gepubliseer in Joernaal

Ek en manlief maak ‘n gedenkbord

Ek en manlief is Saterdag na Irene Mark om bietjie te gaan kyk wat daar aangaan.

Maar, ook omdat dit sy verjaarsdag was. Hy wou soontoe gaan omdat ons al twee keer tevore onsuksesvol daarheen is.

Die eerste keer het die bordjie gelees dat die volgende mark ‘n spesifieke Saterdag gaan wees. Ons was, omdat ‘n vriend vertel het dat die mark op ‘n Sondag is, een Sondag na kerk daar. Geen geluk, maar ons het die Clay Cafe ontdek … en daar het kleinseun ‘n spaarvarkie geverf. Vervlaks mooi, waarna dit ingegee is om gebak te word. Mens gaan haal dit so twee weke later, om verstom te staan in hoe die kleure dieper geraak het tydens die bakproses.

Die tweede keer is ons op ‘n Saterdag soontoe, net om te hoor dit is elke eerste en laaste Saterdag van die maand. Ons was op een van die ander Saterdae daar.

En so is ons op sy verjaarsdag soontoe, die keer wel die laaste Saterdag van die maand.

Op pad oortuig ek manlief dat ons by die kleikafee iets gaan bak waarvan hy sal hou. Iets om sy verjaarsdag te onthou.

Hy wou nie, die kos was volgens hom die vorige keer nie lekker nie. Maar, nadat ons deur die markie is, is hy tog honger. En nie lus om die Rooi Stoor te probeer nie. Ons kan maar kleikafee toe gaan … kry ek my sin.

Dit was absoluut heerlik!

Ek en manlief is nie kunstig nie, het maar op tegnieke staatgemaak soos om plakkers met hartjies en sterretjies te plak, sponsprentjies op te druk, en te probeer om met ‘n bord en plakgoed ‘n redelike reguit lyn te trek om rande te maak.

Toe ek weer sien, is manlief ingeleef in sy kuns. Besluit hy oor kleure, stuur hy my om nog kleure te gaan haal. En druk hy die M in die middel, met die datum onderaan in sy eie handskrif geskryf.

Selfs besluit dat daar 64 kolletjies op die rand moet wees, een vir elke lewensjaar wat verby is. Hoe oulik is dit nie?

Hier is ons ongebakte bord wat op die tafel gaan staan om ons te herinner aan een van die lekkrste verjaarsdagpersente wat ons nog gemaak het.

Hoe was die kos? Lekker dink ons. Kan nie onthou nie, was eerder gepla toe die kos voor ons neergesit is. Drie ure lank daar gesit en verf en vergeet van die wêreld om ons. Dit was heerlike rustyd. Ons kan dit aanbeveel.

Die seeprentjies? Ek wou in Stilbaai laat staan. Manlief sê nee, dit bly waar ons is. Heerlike herinneringe aan ‘n heerlike dag.

Ons het die middag saam met seun, kleinkind en skoondogter hier by die huis gebraai. En so lekker met kleinseun gespeel. Hy is ougat!

Dollatjie het die aand gebel, met haar seuns om haar. Om oupa geluk te wens.

Ai, mens verlang so na hulle op verjaarsdae, want dit is nie meer moontlik om saam te wees op die dae nie. Amper so erg asof hulle oorsee sou gaan woon het.

Maar, tog beter omdat dit nie ‘n arm en been en baie ure kos om by hulle uit te kom nie. Net beplanning. Want ons raak ouer, dit sou erg gewees het.

Ek deel foto van die bord sodra dit gebak is.

Die kleure is dan baie dieper as wat dit nou wys. Want ons het wil gegaan. Van navy tot maroon tot dieprooi tot heldergee. En nou lyk d9t so sag en rustig …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

20 gedagtes oor “Ek en manlief maak ‘n gedenkbord

  1. Wat ‘n wonderlike verjaarsdag geskenk! My ma het ‘n paar jaar gelede by my broer-hulle in Engeland gaan kuier en daar het sy ook so ‘n bord saam met haar kleinkinders gemaak … dis vandag een van haar kosbaarste besittings. Julle gaan altyd met mooi herinneringe na hierdie bak kyk wanneer dit daar in julle huis uitgestal word!

    Liked by 1 person

  2. Dis so oulik om te sien as die manne ook begin verf! En dis heerlik om daardie plek te besoek. ek was verstom oor my bakkie se groen nadat dit gebak was. Sal dit ook aanbeveel, meer nog, sal graag self weer wil gaan. Miskien vir moedersdag.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.