Die eens onwillige worsmaker gewillig in Qazaqstan

Voordat ons na Öskemen getrek het, het ek oor die land opgelees. Qazaqstan. En wat dadelik my aandag getrek het, is dat perdevleis hier geëet word.

Nou kyk, ek en manlief het op die plek besluit. Hier moet ons weet hoe perdevleis lyk. Dat ons dit nie per ongeluk koop of eet nie. Want sien, daai vleis gaan nie oor ons lippe gaan nie.

Een van die personeel van die maatskappy het my na die mark geneem sodat ek kan sien hoe vleis hier gekoop word. Hier is nie slaghuise soos ons dit ken nie. Die vleis word op die mark in opgekapte hompe gekoop. Ek het al oor die snitte gesels. Ek weet hoe ander vleis lyk, ek het in ‘n slaghuis grootgeword. Ek wou weet hoe perdevleis lyk.

En dit sou mos maklik wees om dit uit te ken? Perdevleis, skaapvleis, beesvleis en varkvleis word by aparte stalletjies verkoop. En ek het mak geword. Perdevleis is baie donker vleis. En word apart verkoop. Dus kan ek dit mos nie per ongeluk inkry nie?

Ek weet dan ook hoe perdewors lyk. Kazy is die naam en dit lyk so as dit gesny is. Die onderstaande prentjie sal ek op stadium vervang as ek dit self kan neem. Want dit doen nie reg aan hoe perdewors (kazy) regtig lyk in die mark nie.

Dit is baie dik, amper soos dunnerige polonie. En die vel om dit is ‘n onnatuurlike wit. Nie eintlik deurskynend nie. Dit word in een massiewe sirkelvorm te koop aangebied en bestaan blykbaar uit lang snitte rugstring wat ingeprop word. Ek gaan beslis nie perdewors inkry sonder dat ek weet nie? Toe nie!

Donderdagaand is ons weer Fresh Market toe. Om wors en maalvleis te koop. Die maalvleis word by beesvleis verkoop. Dus is daar geen probleem nie. Die wors word by die varkvleis verkoop. Dan is daar mos ook nie probleem nie. Toe nie!

Ons stap in die spesiale afskorting wat vir varkvleis gemaak is in omdat hierdie ‘n Moslemland is. En kies twee pakkies bevrore dik boerewors. En hy gee die twee pakkies aan.

Die dunnes is ander kleure. Witterig en rooierig en donkerderrooi. Ons kies een wit en hy gee dit aan.

Ek kies een donkerrooi pakkie en hy haal uit, gee onwillig aan en vra: Kaniena (конина)? Ons ken nie die woord nie. Ek beduie ja. Ek hou van daardie pakkie. Lyk of dit lekker gemarineer is. Hy maak weer seker: kaniena?

En ek twyfel. Wat is kaniena? Ek haal my foon uit en vra dat hy die woord spreek. En Google Translate sê dit is perdevleis! Genugtig! By die varkvleis?

Beide van ons sê gelyk dat ons dit beslis nie meer soek nie. Ons koppe swaai so saam-saam heen en weer om duidelik te maak dat dit nee dankie is.

Ons lag verlig dat hy ons gered het. Hy lag omdat ons verstaan hy waarsku ons. Want sien? Hy weet ons is nie locals nie. Gedog ons is Amerikaners. En hy moes ons waarsku. Dankie hoor, jy het ons mooi gewaarsku. Nou weet ek perdewors kan ook soos dun boerewors lyk en as sulks verkoop word.

Voordat ons in Fresh Market ingestap het, het ons pamflette gekry oor die winkel langsaan wat uiteindelik oopgemaak het. Ons het nog die hele tyd gedink dit gaan ‘n motorhandelaar wees. Toe nie?

Dit verkoop elektronika, elektriese ware en huisgoed onder. En klere bo. Ons sien ‘n oulike klein potjie wat ek vir pap nodig het. En terwyl ons wag dat hulle dit bring, stap ek rond. En sien ‘n rak vol maalmasjiene.

Die vorige kere wou my man vir my een koop. In elke winkel waar dit te koop is. Maar die masjiene kon net maal. En het ek geweier. Ons gaan drie jaar hier wees. En dit is te duur om goed huis toe te vat. So wat maak ons daarmee na drie jaar? En ons kan mos maalvleis en wors hier koop.

Maar gister haak ek daar vas. En sien wat ek nog nie een keer by een van die ander winkels se maalmasjiene gesien het nie. Die deeltjie wat ek kan gebruik om wors te maak.

En die masjien wil ek ewe skielik hê. Met my hele hart. Al weet ek dit is nie lekker om dit daarna skoon te maak nie, moet ek self die wors maak wat in ons huis geëet gaan word.

En dit kan ek doen. Was net onwillig. Omdat ek in ‘n slaghuis grootgeword het. En weet hoe moeilik dit skoon maak.

Maar, ek weet ook hoe dit gemaal moet word. Gemeng moet word. Gestop moet word. Watter speserye om te gebruik. En hoe dit moet proe. Dankie pa dat ek in ‘n slaghuis grootgeword het.

Nou moet ek net weet waar mens die derms kan koop. Want Amazon lewer nie hier af nie. En om uit Suid-Afrika te bestel gaan te duur wees. Hoop die vriendelike man by die mark sal van sy derms aan my afstaan.

22 comments

  1. So did you buy the wors-making machine? I am so intrigued…. you can make proper South African boerewors in KZ and start a business! I’ll be your first customer.

    Oh, and horse meat is soooooo baie lekker…. 😉

    Like

    1. Jong, Toortsie, voel of ek in my jong dae geskool is om goed hier self te doen. My ma kan brood en vetkoek bak. Sy en my pa het slaghuise gehad. Hulle het in Ermelo biltong en word gemaak wat mense uit Johannesburg bestel het. Ek gaan sodra ek tuis is die resepte kry.

      Liked by 1 person

  2. Ek wonder wat word gebruik om die wors hier by ons te stop, want dis gewoonlik so taai dat ek dit nie wil eet nie. My man moet eers die velle aftrek nadat die wors gaargemaak is. Ek wonder of dit regte derms is.

    Like

    1. Die speserye sal ek hier kan koop, Una. Die derms moet ek soek. Hier is nie slaghuise waar ek kan gaan aanklop nie. En net hierdie een ou maak ses pakkies wors. Hy wil nie aan my verkoop nie, sê hy het net bietjie. En ek verstaan. Dit is baie duur om in te voer.

      Like

  3. Hoe lekker vloei daai boere bloed deur jou are!!! Ja nee, ons gaan nog ‘n hele paar interessanthede saam met jou beleef! Ek moet hoor as Jacques weer SA toe kom. Hy kom elke 3 maande huis toe. Dalk kan hy dit saamvat en kan hy dit vanuit KZ aan jou pos? Dit sal dalk goedkoper wees….

    Like

      1. Ek sal dit in gedagte hou as hy weer kom. Sy vrou is nou by hom in KZ. Hy behoort weer so Sept te kom. Ons hoor net! Probeer is die beste geweer!

        Like

  4. Terug pieng: Dr. Christa van Staden

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.