Het jy iemand al soveel vertrou dat jy hom met jou persoonlike lewe ook vertrou het, net om later agter te kom dat hy (of sy) ‘n skurk is? Wel, ek het. En ek moet seker nie verbaas wees nie, want ek is geneig om mense die voordeel van die twyfel te gee …
Dit lyk egter vir my of ek meer moet twyfel, want dit lyk asof dit die normaal is onder die eienaars van tegnologie-reuse soos Facebook, WhatsApp, Microsoft en McAfee. Hulle word magsdronk – dink later nie meer logies nie. As hulle die gebruikers nie dreig nie (Facebook met WhatsApp), hoor jy dat hulle nie betroubare gesinsmense is nie. (Microsoft).
Daarom behoort ek seker nie geskok te gewees het toe ek in die Huisgenoot lees dat John McAfee – die ontwikkelaar van McAfee anti-virus sagteware in die tronk is nie. Ja, ek beskou Huisgenoot wel as ‘n tydskrif wat nie op my rak hoort nie omdat sy wins uit ander se hartseer gemaak word. Soms trek die voorbladstorie my egter om oop te maak en te lees, maar ek neem die berig met ‘n groot knippie sout.
Ek weet nie hoeveel jy van virus sagteware weet nie, maar ek dink tog McAfee is aan baie mense bekend.

Ek het dit op my rekenaar gelaai op ‘n stadium toe Norton Antivirus net heeltemal buitensporig duur geraak het. En ek was regtig baie tevrede daarmee.
Daarom was ek verras toe ek lees dat John McAfee – die ontwikkelaar van die sagteware – allesbehalwe ‘n goeie karakter was. Dit is – as mens ‘n juffrou was – sleg om te weet dat iemand met sulke breinkrag – wat hom van die eerstes gemaak het om sagteware te ontwikkel om virtuele skurke en virtuele diefstal hok te slaan – die pad byster geraak het.
Hy het MacAfee reeds in 2010 aan Intel verkoop en skatryk weggestap. Tog ken ek sy produk juis van die begin jare af, in daardie tyd toe hy die baas van die plaas was, want hy het my en miljoene ander mense oor die aardbol heen gehelp om ons rekenaars teen skelms te beskerm.
Hoe kan hy dan self ‘n skurk wees?
Hy het onlangs op die ouderdom van 75 – terwyl hy in ‘n Spaanse tronk aangehou is – gehoor dat hy weens belastingontduiking aan Amerika uitgelewer gaan word. Daar is ander stories ook, maar ek wil nie die baba met die badwater uitgooi nie. Hy het volgens gerugte daarna selfmoord in die Spaanse tronk gepleeg, maar daar gaan waarskynlik ondersoek ingestel word omdat hy tweets uitgestuur het dat hy op so ‘n manier vermoor gaan word dat dit soos selfmoord lyk.
Ek wonder wat in sy lewe gebeur het dat hy so sleg uitgedraai het. Hy het twee keer vir die Amerikaanse presidentskap gestaan, blykbaar in 2016 en weer in 2020. Hy het die aarde aan sy voete gehad, in die wolke gewerk om kuberskelms se truuks uit te ruik en stelsels in plek gestel om kubermisdaad te voorkom.
En nou is hy dood, sal mens nooit weet waarom iemand wat eintlik bekend moet wees, berug gesterf het nie. Dit is een woord wat ek altyd aan my skoolkinders moes verduidelik – as iemand bekend is omdat hy slegte goed doen, is hy nie ‘n bekende nie, hy is berug,
Dit laat mens die waarheid in sommige stellings besef:
Geld is nie alles nie, dit maak die lewe wel makliker. Hy kon sy geluk nie koop nie. En dit is so hartseer. Dit laat my aan ‘n “grappie” dink wat ek onlangs gelees het:
Hy is so arm, hy net net geld.
Dit is so jammer dat dit as ‘n “grappie” beskou word. Dit is hartseer, want stinkryk mense het altyd ‘n skare om hulle, soos wat mens ook van sy foto’s op die internet kan aflei.
Daarom hoop ek dat hy vriende ook gehad het, mense wat nou oor sy dood rou. Self wens ek hom voorspoed toe waar hy homself ookal tans bevind. Sy McAfee het my rekenaars beskerm terwyl ek my meestersgraad verhandeling en doktorale proefskrif geskryf het. Twee lywige boeke. Ek het McAfee as doeltreffend beleef.
Dus skryf ek vandag:
Ek ken jou nie as ‘n skurk nie, maar as iemand wat skurke gekeer het om hulle vingers in my rekenaar en my internet netwerk in te slaan. Jy het my gehelp om my studies sonder probleme te voltooi, maar ook om my rekenaar teen invallers te beskerm. En daarvoor sal ek jou altyd dankbaar wees:
Rus in vrede, John McAfee!
(Hooffoto krediet – https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Villainc.svg/1200px-Villainc.svg.png.
Interessant. My rekenaar het ook McAfee gebruik voor ek na n ander program oorgeskakel het
LikeLiked by 1 person
Ne, dit is snaaks hoe die man se werk in ons lewens is. Ek was altyd tevrede daarmee.
LikeLike
Ja, né
LikeLiked by 1 person
Ai, die lewe loop sy draaie, né.
LikeLiked by 1 person
Hartseer as dit fout gaan, is dit nie? En dat hy nou om verkeerde besluite onthou gaan word.
LikeLiked by 1 person
Ai
LikeLiked by 1 person
McAfee se anti-virus produk is voorwaar geloofwaardig. Ek was geskok om te lees dat hy in ‘n Spaanse tronk tot sy einde gekom het agv belastingontduiking. Dis hartseer want dit tas sy geloofwaardigheid aan.
LikeLike
Dit doen, en hy was, soos jy skryf, ‘n geloofwaardige man.
LikeLike
Ja.
LikeLiked by 1 person
I think many of our saviours are Wolves in sheeps clothing.
LikeLiked by 1 person
That is true, too many of them.
LikeLike
Baie naby aan ons ook….baie naby ons…
LikeLiked by 1 person
Ai Woordnoot, dit is ook waar, is dit nie sleg nie?
LikeLike
Jip…30jr naby
LikeLiked by 1 person
Belasting ontduiking is nou nie so ernstig soos moord of diefstal nie. Dis sleg dat sulke intelligensie op so n manier tot sy einde moes kom.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, hartseer saak.
LikeLike
Moet sê dit was vir my ook nogal ‘n skok gewees, dat in die eerste plek in ‘n tronk was en dan sy dood. Soos hulle sê: Ander mense se boeke is duister.
LikeLiked by 1 person
Dit is net so, maar dit is so hartseer dat hy nou berug in plaas van bekend in die geskiedenisboeke opgeteken word. Dit laat mens natuurlik ook hoop dat hy sy Skepper wel gevind het.
LikeLiked by 1 person