Gepubliseer in Akademies

Ons boek word amper vrygestel.

Iewers verlede jaar trek ‘n versoek vir voorstelle vir ‘n hoofstuk in ‘n internasionale boek my aandag op LinkedIn. Dit was so in my belangstellingsveld, maar die sluitingsdatum was reeds verby. Ek besluit toe om tog maar die redakteur te kontak om te hoor of ek steeds kan instuur. En sy antwoord beslis, sy wou die voorstel gister gehad het.

Lees voort “Ons boek word amper vrygestel.”
Gepubliseer in Reisjoernaal

‘n Paar minute in Aspoestertjie se skoene …

Eergister kom manlief tuis met ‘n raai wat? Ek is besig om kos te maak en nie lus om te raai nie, dus antwoord ek met: Vertel maar, ek dink nie ek sal kan raai nie. En toe wys hy die pragtige kaartjie, ons is na ‘n Kazakh-troue genooi, die bruidegomgedeelte van die troue. En ek is baie gek oor die meisie wat gaan trou, sy werk vir my man.

Lees voort “‘n Paar minute in Aspoestertjie se skoene …”