Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Interessante manier van inkopies doen in Öskemen

Ek het al soveel keer vertel dat mens in Öskemen oral heen stap.

Jy stap. Blokke ver. 3km is naby en te naby vir ‘n taxi. In die somer, lente en herfs stap mens meer as in die winter. Maar jy stap ook in die winter.

Want wie bestel ‘n taxi om om die gebou na die voorkant van die gebou te gaan, dan na die kruising om oor die pad te gaan en dan een blok aan die ander kant van die pad terug te stap om by Sulpak ‘n verwarmer te gaan koop?

Al sneeu dit buite? Hierdie keer lyk die sneeu so anders op die motors. Amper soos balletjies woldonsies.

By die verkeerslig staan ek en foto’s neem.

Lyk dit nie alte mooi nie? So in swewende sneeu, want mens kan nie sê gietende sneeu nie?

G’n wonder die mense hier maak op toeps staat nie. Die verkeerstekens word ook toegesneeu.

As jy bus of trem ry, moet jy die stoppe tel. Om te weet waar om af te klim. Want die vensters wasem toe. En die wasem ys teen die ruite. Om jou uitsig te beperk. Dus tel jy. Of jy sit met die 2GIS in die hand, die toep wat wys hoe jy vorder op jou roete na die plek toe. In die taxi volg jy die roete op Yandex of Aparu.

Ek dwaal af.

Manlief raas, die lig is groen, ons moet stap.

By Sulpak koop ons ‘n verwarmer, dit is koud in die woonstel. Ek kan nie glo ek sou ooit kon dink dit kan koud in die huis wees nie.

En dit is wat ek eintlik wou vertel. Inkopies hier is soveel anders as in Suid-Afrika.

Daar koop jy ‘n groot boks. En moet die ongemaklike pakkie probeer dra. Hier word jou boks voor jou oopgemaak. Jou aankopie word uitgehaal en voor jou oë getoets. En dan word selotape te voorskyn gehaal.

Om en om jou boks gedraai. Om vir jou ‘n handsvatsel te maak. Om jou pakkie te dra.

Wat dan maklik gedra word. Hoe oulik is dit nie?

So stap manlief gemaklik met ‘n 10-vin olieverwarmer huis toe.

Alles wat moeilik dra kry so ‘n handvatsels. Selfs pakke toiletpapier het sulke ingeboude handvatsels. Wat help om dit maklik te dra.

Want almal stap. En almal moet pakkies kan dra. En nee, ons is nie fitterig nie. Hier is toiletpapier ook anders.

Mens koop 3-ply en 4-ply! So anders as ons dubbellaag toiletpapier in Suid-Afrika. Die meeste toiletpapier is ook gegeur. Ruik alte lekker.

Manlief lag vir my toe ons in die hysbak klim. Want ek het die kappie oor my kop gegooi om die sneeu van my mussie af te hou.

Lyk dit nou nie alte oulik nie? Al lyk ek verskrik? Die wit op my pikswart pels is sneeu! Ook maar goed ek het die kappie oorgegooi. Dit is koue, nat ys!

Die tweede rede waarom mens stap is omdat dit hier veilig is om te stap!

Daarom stap almal. Selfs laat snags. In ‘n land waar mense mekaar en hulle goed respekteer. Waar menselewens waardevol geag word. Waar kinders so veilig is dat hulle kan lag en speel.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

20 gedagtes oor “Interessante manier van inkopies doen in Öskemen

  1. Ons stap ook vreeslik baie. My versese Timberlandstewels kan ‘n boek skryf. 5km Waterkant toe, of 8km stad toe en terug. Ons het nie ‘n Dusty nie. Ons busse is nuut maar onbetroubaar. My vrou het in 2017 en weer in 2018 meer as agtduisend km in een jasr gestap. Ek kan nie meer flink genoeg stap nie, na beroerte 9 en 12 is ek Stagger Lee.

    In ons buurt stap ons, 11nm of 3vm, 4vm of sesuur. Dis veilig. Elke tweede week dans mense spontaan met mekaar by die pragtigste swembaddens.

    In Pretoria ‘n paar keer beroof, ten aanskoue van 19 polisiemanne. Hulle is my hoofverdagtes al lyk hulle soos ek.

    Seepunt is soos Struisbaai of Gansbaai. Almal ken almal. Dis mooi en lekker hier. As die tieners tog net klere wil dra.

    Like

      1. Ek dink in die winter vreet die motte gate. Dis soms lastig om nie te weet waar om NIE te kyk nie. Bruin ou oom het eergister liewer sy oë toegemaak. Daai ronde goedjies was net te erg. Selfs my vrou het gebloos. En sy is al ‘n ouma.

        Like

  2. Liewe land Christa jy laat my aan ‘n Portuguese vrou met ‘n Capote aan dink.
    Faial, Azores traditonal cape for women Santa Maria Island, Portuguese Culture, Traditional Fashion. Ek sit vir jou ‘n prentjie op Towerinne 😂😂😂

    Like

      1. Moet my nie te ernstig opneem nie ek hou van terg. Kan my die prentjie voorstel met almal wat so dik aangetrek is dat net die oë uitsteek. Ek sal definitief nie daar aard nie…. sit nie eers ‘n mussie op hoed op my kop nie.

        Like

      1. Ja, ek dink ook so. Ek dink nog aan wat jy gesê het – sê nou maar jy word ‘n ysblokkie en bly staan soos Lot se vrou. En as jy omval en jy breek … nee, liewer nie daaraan dink nie.

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.