Manlief kom elke middag vir middagete. So anders as in die RSA. Gewoonlik kom laai sy drywer hom soggens op en kom laai hom weer saans af. Dan stap hy die twee blokke huis toe vir middagete. En terug.
Dag: 3 Junie 2019
Qazaqstan, land van muurpapier
Ek het in die 60’s en 70’s grootgeword en Qazaqstan vat my terug na my kinderjare, toe muurpapier ‘n inding in Suid-Afrika was. Ek onthou sulke maroon koninklike muurpapier iewers in ons huis, kom dalk in die sitkamer gewees het. Dalk is ek verkeerd, maar ek onthou dat dit fluweelagtig gevoel het.