Ek het nou al so paar sketse met DALL-E2 gemaak, en deel graag hoe mens die masjien gebruik om vir jou te skets. Onthou het, ek is nie kunskenner nie, ek deel net hoe om dit te gebruik.
So maak mens:
Klik op hierdie skakel https://openai.com/product/dall-e-2
Blaai af dat jy TRY DALL-E kan sien

Daar is ‘n kort video oor die produk, klik op DALL-E2 EXPLAINED voor hy registreer. Kyk onderkant van foto bo.
Registreer om te kan gebruik. Jy kry 15 krediete per maand, en kan dus 15 porre per maand gee, of jy kan ekstra krediete aankoop as jy meer wil laat teken.
Sodra jy in is, tik jy die instruksie vir die prent in en klik op Generate.

Dit skets binne sekondes vir jou vier prente waaruit jy kan kies waarvan jy hou.

As jy op een klik, kan jy vra dat die geredigeer (edit) word. Ek het dit nog nie gedoen nie.
Voorbeelde van porre:
Voorbeeld 1: Skets tafelberg in Picasso styl

Ek kan nie die sukses beoordeel nie, maar lief die skets.
Voorbeeld 2: Draw Tafelberg in Pierneef style

Ek kan nie die sukses beoordeel nie, maar lief dit.
Voorbeeld 3: Draw Tafelberg in Van Gogh style

Voorbeeld 4: Draw the golden women in 13de eeuse styl (hy ken ons nie …)

Al jou sketse word onder History geberg.

Lekker speel, deel asseblief jou sketse met ons in RSA Onderwysers, veral as jy dink dit is bruikbaar vir die onderwys.
As jy meer wil leer, kan jy gerus soek vir YouTube video’s daaroor. Ek weet te min van kuns om baie raad te kan gee.
DALL-E2 is blykbaar op Instagram, dalk is daar goeie idees oor wat jy met die masjien kan doen?
Hooffoto: Ek is gek oor hierdie een wat DALL-E2 vir my geteken het.
Ek reken ek gaan AI baie gebruik, ek lief tegnologie, al raak dit bo my vuurmaakplek! Ek gaan beslis die probeer. Hou van die GV se skets!
LikeLiked by 1 person
Dit is so lekker om met hom te speel. Wens ek was kunstig genoeg om goeie porre te skryf.
LikeLiked by 1 person
Het dit nou afgelaai en daar is ek blank….weet nie wat wil ek doen nie!!!🤪
LikeLiked by 1 person
Ek het les daarvoor geskryf. Jy kan nie aflaai nie, jy moet in die blaaier werk. As jy iets afgelaai het moet jy dadelik uitvee, daar is baie crooks wat die goed namaak.
LikeLiked by 1 person
Jy sien…dankie!!
LikeLiked by 1 person
Plesier, dit is goeie oefening.
LikeLike
Ek is ook blank as ek oopmaak – skielik weet ek nie wat om in woorde te skryf nie.
LikeLiked by 1 person