Ons jongste kleinkind – en seun se enigste – het gister verjaar. Omdat ouma en oupa die volgende dag see toe gery het omdat sy tannie (my dollatjie) die naweek 40 word, het ons gisteraand saam met kleinseun en sy pappa en mamma by Spur gaan eet.
Ons al vier kon nie wag om sy gesiggie te sien nie – dit sou die eerste keer wees wat hulle vir hom sing.
Ons het ‘n baie groot foelie nommer 3 gekoop wat by ons tafel opgeblaas kon word. En sy persent. ‘n Baie groot trok met klein trokkies binne in. Manlief het dit op die voorste sitplek van die kar gesit, want Donderdae gaan ons hom by die skool haal. Dit is nou toe ons op pad na Spur is.
Toe hy later vorentoe buk en die pakkie sien, wou hy weet wat dit is. En toe ek sê dat dit sy persent is, mag niemand daaraan geraak het nie.
Hy het dit met moeite al die pad tot in Spur ingedra. Moeite, want die trok is net so lank soos hy. Met moeite om die pakkie gekyk. En oups is net-net toegelaat om dit met die trappies na bo te dra.
Toe moet dit oop, hy moet weet wat sy persent is. En, anders as wat ons verwag het, wou hy nie met die trok by ons speel nie. O, nee, dit moes saam speelplek toe!
In elk geval, toe hy later die opgeblaasde 3 by die tafel sien, moet die 3 ook saam speelplek toe.
En toe ek vra hoe oud hy word, moes ek hoor Nommet 3. Hy spreek ‘n r aan die einde van ‘n woord as ‘n “t” uit en ons help nie reg nie, dit is te oulik. Ons spreek dit net reg uit, dat hy wel dit reg kan uitspreek as hy eers ‘n “r” kan sê.
Hoe oulik is dit nie? Hy word nie 3 nie, hy word nommer 3.
Die kind is te slim vir sy grootte.
Sy nommer 3 het presies gelyk soos die ene op die hooffoto.
Hy het die Spur-kelners so geniet. Op die bank gestaan, sy roomys met die klein vuurwerkie so bekyk en op die ritme van hulle sang handjies geklap.
Tot hulle klaar is. Toe sit hy om sy roomys te geniet.
My poplappie!
Geluk met sy nommet 3 verjaarsdag🍦🍦🍦
LikeLiked by 1 person
Ag baie dankie, ek waardeer dit so baie.
LikeLike
Baie geluk Ouma! Dit laat my dink aan my skoonsus se seuntjie wat wan spinnetoppe gepraat het, die “k” was te moeilik vir hom! Ougat!
LikeLiked by 1 person
Ag dit is is so oulik! Dankie vir die deel.
LikeLiked by 1 person
Veels geluk met kleinseun en dogter se verjaarsdae!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Frannie, jy lees fyn. Vandag verjaar my dollatjie, ons is juis in Stilbaai om dit later vandag by ‘n vakansieplek met haar te deel.
LikeLiked by 1 person
Hoe wonderlik om met altwee hulle verjaarsdag te vier 🙂
LikeLiked by 1 person
Dit is so, dankie, Anne, en hulle is 1200 km van mekaar af.
LikeLike
Anne, het jy lanklaas geskryf? Of het ek jou met die skuif na Jetpack verloor? Deel asb jou blog se skakel hier dat ek kan kyk waarom ek niks meer van jou raaklees nie.
LikeLike
Hierdie is die laaste week voor my seun in Skotland gaan werk, so ek skryf nie meer elke dag nie – te besig. Die skakel is somethingovertea.wordpress.com
LikeLiked by 1 person
OK, ek gaan kyk. Maar dan verstaan ek, jy gaan jou doodverlang as hy so ver weg is.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk met die verjaarsdae al is dit so bietjie laat. Die kleingoed is te ougat wanneer hulle letters so uitruil
LikeLiked by 1 person
Ag jitte, jy weet mos. Hulle is ougat.
LikeLike