Gepubliseer in Joernaal,Woefkinders

Shilo en sy wiele

Dit gaan steeds goed met Shilo. Hy sukkel-stap tot waar ek ookal is om by my te wees. Sukkel, want die senuwee van die linkerbeentjie is aangetas.

Hy het mos kanker in die pelvis gekry.

Aangesien hy sukkel om te loop, het ek by die veearts uitgevind wat ek kan doen om te help. En so by Rehab-a-pet uitgekom.

Ek het vir hom ‘n rystoel by Rehab-a-Pet bestel, maar dit sou drie weke neem om dit te laat maak. Toe bestel ek ook van Amazon af, betaal my boeglam om dit dadelik afgelewer te kry.

En word beide binne een week op dieselfde dag by my afgelaai.

Amazon s’n was horribaal, dus het ek dit teruggestuur. Rehab-a-Pet s’n was beter, met massiewe wiele. R3 850 vir sy wiele.

Maar, toe weier hy botweg om daarmee te loop.

Toe lees ek in die Huisgenoot van die engelwerk wat Judy met woewe doen. Haar eie woef aangeneem omdat hy verlam was. En sy leen Rehab-a-Pet se rystoele uit aan mense wat dit nodig het.

En ek kontak haar. Ek kan dit nie net gee nie, maar kan verkoop as iemand belangstel. Ek kon dit nie net gee nie, ek moet ander plan vir Shilo beraam.

Die pop van ons het mos ook baie, baie lank geweier om aan ‘n leiband te loop. Haal ek af, draf hy saam met my. Sit ek aan, speel hy stootskraper as ek aan die leiband trek.

Hy word nie so verneder nie.

Hy het verlede jaar mooi aan die band begin loop. Ons het een keer in die estate gestap. En dit was sooooo lekker, hy stap langs mens, trek nie soos BB en Bekka nie. Hulle wil mos aan alles ruik en sommer piepie ook om te merk dat hulle daar was.

Dit was dus die kere toe ons met die kinders see toe is, baie lekker. Ons het lang ente op die strand gestap.

En nou is Shilo twee maande later basies ‘n invalide.

Judy sê toe ek moet haar kontak. Bel my, sy sal Shilo leer om met sy wiele te stap. En die volgende oggend is sy hier. Verstel die wiele dat Shilo mooi daarin pas. En toe gaan stap ons met die woewe.

Daarna wou hy niks weet nie!

Ek het vandag by rivier weer probeer, hy weier om met sy wiele te stap. Maar, hy is nog ver van moed opgee. Hy stap met die een beentjie wat effens hang. En as hy hardloop, doen hy dit met die twee agterbene langs mekaar, amper soos ‘n driewiel, net agterstevoor om.

Ek gaan die wiele maar weer te koop aanbied. Dan kry ek ander plan met die agterbeentjie.

Kyk sommer so in die ogies. Hy is nie sterwend nie, hy is op en wakker. En … daai ogies sê ek soek nie die wiele nie.

Toe ek hom uithaal stap hy waar hy wil wees.

Ai tog, wat maak mens met ‘n ou woef wat nie nuwe truuks wil aanleer nie?

Wat ek wel weet, is dat ek nie die besluit gaan neem terwyl die lewe nog so sterk in sy ogies brand nie.

Hooffoto: Dit is darem nie my huis se vloere wat so vuil is nie, dit is die stoep by die rivier. Was die naweek een modderspul want dit het in die week nie net gereën nie, dit het ook so erg gehael dat dit soos sneeu gelyk het. En ons en die woewe het modder rond getrap …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Shilo en sy wiele

  1. Ai sterkte vir jou. Ja ons honde het ook soms ‘n sterk onafhanklikheidsdrang net soos mense. partykeer dink mense hulle wil jou help deur vir jou allerhande slim tegnologiese hulpmiddels te laat kry. Maar jy as mens was soms al jare gewoond om sekere dinge op jou manier te doen al was dit soms stadiger en/of ongewoon. Maar jy het soms die behoefte om aan jouself of andere te bewys dat jy dit steeds self kan doen. Ek tel nogal iets hiervan by Shilo ook op.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.