Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Nê? Ek dink oumas kan maar presies raai wat by die skool aangaan …

Ek het dit tog so gereeld by my kinders se kleuterskoolonderwysers gehoor. Moenie alles glo wat hulle oor die skool vertel nie. Dan glo ons nie alles wat hulle oor die huis vertel nie.

Asof hulle nie alles glo wat van die huis vertel word nie.

Ek is al tydens ‘n skoolkonsert vertel wat my jongste (seun) te vertelle gehad het. Soos byvoorbeeld:

“Ek is my pa se bul, ek kan maak wat ek wil.”

Ons het dit wel gesê, maar beslis nie uitgeleef nie. Hy kon alles behalwe maak wat hy wil. Tog het die juffrou gesê sy het vir hom gesê, miskien by die huis, maar beslis nie by die skool nie.

Of:

“Juffrou moet liewer nie kom nie, my ma gaan juffrou wegjaag!”

Dit het so gekom. Seun kom befoeterd van die skool af. Juffrou, wat toevallig ook sy kleuterskool se hoof was, was mal oor hom en het hom smiddae na skool by my huis afgelaai. Toe nooi hy haar blykbaar om te swem …

En omdat hy so kwaai met my is, sê ek dat sy nie kan nie. Hy het aangehou dat sy kom en toe sê ek dan jaag ek haar weg. Nie asof ek dit regtig sou doen nie. Maar nou ja, hy het my geglo en dit vir haar die oggend gesê. In haar kar, op pad skool toe. En dit moes ek van die verhoog af hoor, sonder dat sy die konteks geken het.

Dit was nogal erg. Hy was in Harmonie kleuterskool, sus in Harmonie laerskool en ek by Harmonie Hoërskool. Verstaan? Almal het my geken …

Maar, kom ek gesels liewer oor kleinseun en die kleuterskool.

Ek word mos nou in die stoute hoekie gesit as ek iets doen waarvan hy nie hou nie. En baie kwaai.

“Gaan, Ouma, sit stoutehoekie.”

Natuurlik is dit juffrou se stem. En ek stem glad nie saam met stoute hoekies nie. Die seuntjie word gestraf en nie wat hy doen nie. Ai tog! Ouma kan nie gaan inmeng nie.

Of, soos nou die aand. Ons vier grootmense sit soort van in vier hoeke van die TV-kamer nadat hy gebad het. En toe speel hy met ons, beginnende by ouma.

“Staan op, Ouma”

Ek staan gehoorsaam op, die handjie na my gehou soos ‘n galante heer:

En toe ek op is, die volgende bevel:

“Spin, Ouma!”

En ek moet in die rondte draai. Toe word ek na my sitplek gelei en aangesê om te gaan sit.

En daarna gaan hy in die rondte, is dit mamma en pappa en oupa se beurt.

Almal word gelei tot voor my, daar waar ek moes spin. En almal moet in die rondte draai.

Pappa het probeer snaaks wees, maar hy moes maar spin. En dan word hulle na hulle sitplekke gelei en die volgende een opgekommandeer.

Natuurlik is dit juffrou!

Die dinge kan hy nie self uitdink nie. En hulle kan nog nie regtig jok nie. Soos my seun toe hy klein was.

Hy na-aap juffrou.

Hy verwag ook van my om sy copycat te wees.

Nou die aand hol hy toilet toe met:

“Kom, Ouma, jy wil ook poef!”

Ek is maar saam, hy op die kleintjie en ek op die groot ene. En toe moet ek hoor:

“Druk, Ouma, druk.”

Terwyl die ou gesiggie rooi word soos hy druk en demonstreer.

Die skool het hom van die doeke af, ek wonder of hulle ook demonstreer hoe die outjies moet druk?

Want pappa sê hulle leer hom nie om geluide te maak nie.

Maar, ouma kan ook skuldig wees …

Ek het so gedemonstreer voordat ek gehoor het pappa en mamma verkies geluidloos.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Nê? Ek dink oumas kan maar presies raai wat by die skool aangaan …

  1. Ek wil ook se: Uit die mond van die suigeling 😉. Vir hulle is daar nie ‘n ding soos “om iets in konteks te sien nie”, hulle sien/hoor dit soos dit uitkom! Ek moes partykeer twee/drie keer dink wat ek voor my vriende se klein kindertjies gese het … vandag is hulle almal in hulle vroee 20’s en het so pragtig groot geword.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.