Gepubliseer in Akademies,Joernaal

Ek moet ophou om nooit te sê …

Dit is asof goed na my aangetrek kom as ek sê ek sal nie iets doen nie, so asof ek getoets word. En die ergste van alles is dat ek dit in die meeste gevalle dan in elk geval gaan moet doen:

Soos met Shilo. Ek was by die veearts met sy seer beentjie toe vrou daar inkom met effens grys Foxteriërtjie. Op en wakker brakkie, glimlag oopbek vir almal.

Ek was amper jaloers. Hier is ‘n ou brakkie wat op en wakker is en kan rondhol. Terwyl my Shilo duidelik iets ernstigs makeer en nog nie 10 jaar oud is nie. Om te hoor dat hy daar uitgesit gaan word, terwyl ek wag om Shilo te kry nadat X-strale onder narkose gedoen is.

Ek het in trane uitgebars, en almal wou troos. Maar, ek kon net sê dat ek dit moeilik vind, die hondjie makeer dan niks nie. Ek gaan Shilo nie laat uitsit nie. Hierdie hondjie is nie eens siek nie. Smile die ene liefde, geen idee wat op hom wag nie.

Die rede? Sewentien jaar, dit is tyd …

Vir my het hulle gesê dit gaan nie nodig wees nie. Shilo gaan nie uitgesit word nie.

En waar staan ek ‘n maand later?

Shilo is nog op en lewendig, my poppie het so pas 10 jaar oud geword. Maar, ek het R20 000 later gehoor my poppie het kanker en dit takel sy lyfie af. Tans help die medikasie om die pyn te beheer, maar die keuse gaan gemaak moet word wanneer hy pyn voel wat nie beheer kan word nie.

Ek berou daardie woorde in die dierekliniek elke dag van my lewe.

****

En wat ek onlangs weer gedoen?

Ek het weer aan ‘n seminaar deelgeneem.

Ek het my mening oor ChatGPT met LitNet gedeel en die volgende oomblik kry ek e-pos, ‘n prof van UFS wil met my praat. Man, kan ek vir jou vertel dat ek geweet het dat ek niks verkeerd gedoen het nie? Maar my hart het in my keel gepomp.

Toe stuur ek maar die e-pos, om een terug te kry dat ek asseblief by sy seminaar moet praat … oor ChatGPT!

Ek het geantwoord dat ek myself beloof het ek doen dit nie weer nie. My senuwees is gedaan voor ek praat. Niemand kan met my huis hou nie. Maar die prof het mooi gevra.

Toe toets ek:

Mag ek aanlyn praat?

Het ek sommer al my vrese uitgeblaker.

Gehoop die antwoord is nee, want Kofsies is mos ‘n kontakuniversiteit.

En ja, ek kon aanlyn praat en toe kan ek nie omdraai nie.

En raai wat?

Dit was absoluuut heerlik om my kennis oor die kletsbot te deel.

Darem een keer wat ek nie vir die gehoor hoef te gekyk het nie. Ek het dit anders as vorige kere gedoen, die video met my gesig op vir myself weggesteek. En toe kan ek praat sonder om elke nou en dan te sien hoe ek my gesig trek as ek praat.

Vir die eerste keer kon ek die drie sprekers voor my geniet, selfs notas neem. Want die spanning het nie so opgebou soos wanneer ek geweet het dat ek moet opstaan en praat nie. Ek kon net wag vir my beurt … en my kennis deel.

Ek het sulke goeie terugvoer gekry dat ek dit dalk net sal oorweeg om weer te praat. Maar aanlyn, nie in persoon nie.

In persoon moet ek na die plek ry, die saal binne gaan, registreer, wag vir my sessie, wag vir tee en koffietyd, en dit maak my senuwees klaar! Dan moet ek kyk na sprekers voor my wat so gemaklik praat dat ek nog meer op my senuwees raak. En as ek vra hoe hulle dit regkry, sê hulle dat hulle erg gespanne is. Net soos ekke.

Ek kan dit nie glo nie, want ek weet as ek genoeg moed bymekaar kan skraap, sal ek weghardloop, al vinniger en vinniger en die wind in my gesig voel.

Tog sit ek, wag ek my beurt soos gehoorsame oudste kind af. En doen ek my ding, kry ek goeie terugvoer, en help dit steeds nie dat ek volgende keer gemakliker praat nie …

Maar, ek gaan nie weer nooit sê nie. Dit trek my soos ‘n magneet aan om te sorg dat ek my woorde sluk …

Gister kry ek hierdie foto om my daaraan te herinner. Ek lewensgroot en my drie medesprekers, met die prof heel links op die foto.

Ek is nie so seker waar hulle die foto gekry het nie, vermoed dit is op my aanlyn CV beskikbaar. En ek wens ek het so vol selfvertroue gevoel soos ek op die foto lyk …

Hooffoto: Geleen van die internet en dit is iets wat ek passievol kan sê. Ek gaan beslis nooit ‘n kat hê nie. Of moet ek liewer stilbly? Dalk neem een my aan?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “Ek moet ophou om nooit te sê …

  1. Jou slot het my laat glimlag. Dit verg baie moed om ‘n spreker te wees – en dan nog oor so ‘n nuwe, ingewikkelde en kontroversiële onderwerp. Ek haal my hoed vir jou af,

    Like

  2. Ek is so jammer om van jou honnekind se pyn en die eindoplossing te hoor. Alle sterkte daarmee. Dan kan jy trots op jouself voel oor ‘n suksesvolle seminaarpraatjie wat jy gelewer het. Dit klink na ‘n opwindende nuwe fase in jou lewe.

    Liked by 1 person

    1. Jong, baie dankie, my hart pyn oor die kind van my. Die seminare is eintlik deel van my ou lewe, toe ek nog klasgegee het. Ek wil nie weer daarheen terug gaan nie. Nie klas gee nie, ook nie seminare nie. Daarom is dit soms vir my so lekker om by my huis te sit en werk, niks van die akademiese wêreld te wees nie en tog uitgesonder te word om ‘m toespraak te hou. Al verpes ek die praatdeel baie.

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.