Selfstandige naamwoorde

Die selfstandige naamwoord (s.nw) is ‘n woord wat na ‘n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap verwys. Hierdie woorde word die meeste van die tyd aan aan een of meer van drie eienskappe gekenmerk, maar daar is uitsonderinge. Dus moet jy die drie eienskappe ken dat jy die woord kan toets en ook die uitsonderinge.

As ‘n lidwoord voor die woord gesit kan word, is dit ‘n selfstandige naamwoord: bv. ‘n (onbepaalde lidwoord) Man of die (bepaalde lidwoord) perd.

As die woord in die meervoudsvorm of die verkleiningsvorm oorgeskakel kan word deur ‘n agtervoegsel by te voeg, is dit ‘n selfstandige naamwoord, bv. perde (meer as een perd) of perdjie (verkleining).

As die woord geslag aandui, is dit ‘n selfstandige naamwoord, bv. man en vrou, oupa en ouma, broer en suster.

Soorte selfstandige naamwoorde (s.nw)

(a) Soortname

Soortname is woorde wat na iets of iemand verwys, die soort iets of iemand, byvoorbeeld perd, perde, kat, katte, hond, honde, muis, muise.

Let daarop dat al die eienskappe hier van toepassing is:

  • ‘n kat (lidwoord vooraan),
  • perde (meervoud) en
  • merrie en reun (geslag van die diere).
  • Dit is ook belangrik om te weet dat soortname altyd in die meervoud of verkleining geskryf kan word

(b) Stofname

Stofname verwys na elemente en stowwe, byvoorbeeld platinum, silwer, goud, lood, yster, sand, melk.

Let daarop dat die woorde nie telbaar is nie, jy kan nie sê een melk nie, maar wel een bottel melk, een staaf goud.

Geen van die eienskappe van selfstandige naamwoorde is op hierdie woorde van toepassing is nie.

  • Jy kan nie van ‘n goud praat nie.
  • Daar is geen meervoudsvorm nie en
  • Dit dui geen geslag aan nie – dus moet jy hierdie woorde leer en onthou.

Let op: Indien sommige van hierdie woorde in die meervoud gebruik word, is hulle nie meer versamelname nie, bv.

  • Ek het baie ysters in die vuur, in watter geval ysters ‘n soortnaam

Let op: As die stofnaam verbuig is, is dit nie meer ‘n stofnaam nie, bv.

  • goue horlosie is ‘n byvoeglike naamwoord – vertel meer van die selfstandige naamwoord (horlosie).

(c) Versamelname

Versamelname verwys na ‘n groep mense, diere of goed (soortname)

  • swerm (voëls)
  • skool (visse)
  • Gemeente (klomp mense met een predikant).

Versamelname staan altyd voor nog ‘n selfstandige naamwoord, soos in die voorbeelde gesien kan word. Dus is daar in sulke gevalle twee selfstandige naamwoorde na mekaar, ‘n versamelnaam gevolg deur ‘n soortnaam.

(d) Eiename

Eiename verwys die name van mense, goed en plekke, bv.

  • Kruin gemeente
  • Gauteng
  • Roodepoort
  • Susan Joubert

Let daarop dat geen van die eienskappe van selfstandige naamwoorde van toepassing is nie

  • geen lidwoord pas voor die eienaam nie
  • die woorde dui nie geslag aan nie
  • baie min van hierdie woorde kan in die meervoud en verkleining omgeskakel word, maar daar is woorde wat in meervoud en verkleining kan voorkom bv. Van Stadens, Van Stadentjie

(e) Abstrakte selfstandige naamwoorde

Abstrakte selfstandige-naamwoorde is woorde wat ons nie met die blote oog kan sien nie, byvoorbeeld emosies soos:

  • liefde
  • afguns
  • nyd
  • afguns
  • blydskap
  • haat

Let daarop dat die reëls van selfstandige naamwoord nie op alle abstrakte s.nwe toegepas kan word nie.



Nie seker of ‘n woord ‘n selfstandige naamwoord is nie? Vra dan gerus in die kommentaar, ‘n antwoord is altyd slegs die druk van ‘n knoppie weg!

14 gedagtes oor “Selfstandige naamwoorde

  1. Ons moet nou al in graad 2 (van alle dinge!!! ) vir die kinders leer van selfstandige naamwoorde, en dit sluit hierdie groot woord self in. Toe besluit ons in ons fase, ons gaan dit beperk tot die basiese vorms – dit wat jy kan sien, voel proe en hoor – goeters, dinge. En dit werk. En toe kom die werkwoord – alles wat jy kan doen. Tipies, omdat dit die tweede groot woord is, word alle selfstandige naamwoorde en werkwoorde nou in 1 sin onderstreep wanneer hulle moet kies.

    Liked by 1 person

      1. Dis goed om dit te kan lees en hoor. Ek wat self n taal onderwyser was het nooit van die uiteensetting gehou nie want jy het net dood eenvoudig goed uit jou kop geleer en dit weer gegee in die eksamen. Dis baie makliker om te weet waar die woord vandaankom of waarvoor dit gebruik word.

        Liked by 1 person

        1. Ek het my kinders weer die reëls geleer. As hulle die reëls geken het, kon ek enige iets vra en hulle kon dit doen. Ek het dit gehaat om vir hulle lyste met woorde te gee om te leer. Seker maar omdat dit vir my sielsdodend was.

          Like

          1. Ek het ook met die skoolhou self kinders geleer waar dit vandaan kom. Ek het bedoel toe ek op skool was het ons nog Bennett system gebruik vir Eng. Selfs in my derde jaar by mr Bennett klas gekry waar ek spesifiek uitstekend gevaar het omdat ek alles uit my kop geleer het. Ek dink hy was nie juis die beste Eng onderwyser nie, tong in die kies!

            Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.