Gepubliseer in Joernaal

Raad om seer keel vinnig te stop

Ek het onlangs twee baie goeie rate – of sal mens dit dan medisynes – vir ‘n seer keel ontdek. So laat ek gou deel, anders vergeet ek volgende jaar ….

Ek het op ‘n verskriklike hartseer dag einde Desember 2022 saam met ‘n paar Goue Vroue gekuier. Hulle het in Struisbaai vakansie gehou. En ek en manlief was daar omdat my jarelange vriendin, Bertie, se seun noodlottig tydens ‘n fietsrit beseer is. Die masjiene moes afgeskakel word … en ons is soontoe om haar te steun nadat dit gedoen is.

Ons was in die Wes-Kaap by ons vakansiehuis, maar dit is steeds ‘n stewige drie ure Struisbaai toe.

Tydens hierdie besondere eerste ontmoeting het my blogvriendinne het Aalsie, ala Letty-Anne, vir my ‘n emmer vol rou heuning gegee. Haar man haal dit self uit, dus is dit baie spesiaal vir my. Hierdie heuning is fantasties vir ‘n seer keel. nou drink ek dit sommer elke dah ‘n teelepel daarvan in my pot rooibostee. Ek wonder of sy weet hoe medisinaal daardie heuning is? Verkoop julle Aalsie?

Die tweede keer wat ons Struisbaai toe is het ons by die plek buite die dorp op pad na Struisbaai gestop om te kyk wat daar te koop is. Ek het ‘n pakkie geglasuurde gemmer gekoop en die vrou by die betaalpunt het vir my gevra of ek al gelees het watter voordele die gemmer inhou. Ek het bietjie gaan oplees, maar ek het ‘n ander voordeel ontdek. As ek saans voor ek gaan slaap ‘n stukkie suig en stadig kou as ek ‘n seer keel voel aankom, is dit die volgende dag weg soos mis voor die son. En manlief kan dit bevestig!

Dit is baie goed, want die vrot lug van Centurion is baie, baie sleg vir my keel. En so voel ek sommer ook beter as ek soggens opstaan.

Ek wil nou amper afeindig soos die akteur wat die program met die kinders aanbied, as hy iewers tydens die program stoute raad vir kinders gee. Hy sê dan iets soos: “Toe, gaan doen dit!” om hulle nog aan te moedig ook.

Ek wil eerder nooi om hierdie goeie raad te volg. Dit hou die seer uit ons kele weg … Wintergewondheid is ook belngrik.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Raad om seer keel vinnig te stop

  1. Rooibostee met heuning – ek’s mal daaroor. Maar dan moet dit natuurlik regte heuning wees – soos die wat jy by Aalsie gekry het. Ek het net nou die dag by ‘n heuning boer gehoor hoe baie van die heuning wat ons in die winkels koop ‘n mengsel van Suid-Afrikaanse heuning en ‘n ander land is (gewoonlik China). Hy het aanbeveel dat ons heuning van die heuning boer self koop of by padstalletjies/markte. Nou maak ek seker die “label” se 100% Suid-Afrikaanse heuning!

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.