Gepubliseer in Joernaal

12 ure later en ons is steeds krag(te)loos

Kyk daar is dinge wat snaaks is. Dan is daar goed wat net nie snaaks is nie.

Soos om nou al amper 12 ure sonder krag te wees. Gelukkig het ek die gasstoof. Dan kan ek darem kos maak en koffie drink. Vir diegene wat gevra het, die gasbottel het twee maande gehou (R300), maar ons het in die twee maande R2000 aan elektrisiteit bespaar. Kan ‘n stoof werklik soveel krag vat?

Maar, dit raak weer donker. En die probleem bly onopgelos …

Ons het steeds nie krag nie.

Daar is darem positiewe dinge daaraan verbonde ook.

Die roomys smelt in die vrieskas, wat darem lekker is. Want toe kon ek maklik vir kleinseun ‘n mlekskommel sonder masjiene maak.

Daar is niks wat ek met my artikel kan doen nie, dit staan vir die dag. Dalk ook goed so, dan kan ek so bietjie afstand kry om dit wanneer ek ookal weer krag het van nader te bekyk. Dit moet in, ek draai nou weer heeltemal te lank met die afronding daarvan.

Aan die negatiewe kant raak dit donker, en ek is nie so gemaklik daarmee om te gaan slaap sonder dat ek lig in die huis het nie. Nie dat ek ligte aansit nie, die ligte buite in die straat verlig die huis voldoende. Maar, nou is dit baie donker in die huis.

Manlief is in anderland, dus slaap ek alleen. Nie so lekker gevoel as ek nie kan sien wat aangaan nie. Maar, ons bly in ‘n veilige landgoed, dit is dus nie regtig rede om versigtig te voel nie.

Ek dink dit gaan eerder oor die onsekerheid. Jy weet, dalk gaan ons moet begin leer om sonder krag te wees.

Hoe gaan selfone laai sonder krag?

Hoe gaan mens bel as die selfoonstasies af is?

Hoe gaan ek op my rekenaar werk?

Hoe gaan ek my ipad laai wat darem kan instaan vir die rekenaar?

Ons gaan wel plan moet maak.

Dalk sonkrag vir sulke noodgevalle? Dit word darem winter, dus gaan die wolke nie sorg dat daar ook nog iets soos wolkdeling is nie …

Iedergeval, ek wou sommer net stoom af blaas.

Lekker dag vir jou.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “12 ure later en ons is steeds krag(te)loos

  1. Ag griet! Dis ‘n stryd der stryde (ek weet nie eens of mens so ‘n uitdrukking kry nie, maar dis hoe dit vir my voel)! Ons het nou die dag (toe ons ook vir 12 ure sonder krag was – “maintenance” het hulle dit genoem), na ‘n koffie winkel gery om ons rekenaars en selfone te laai terwyl ons ‘n stuk koek verorber het uit pure frustrasie!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.