Vanoggend kom dit net skielik by my op, dit is Maslenitsa tyd in Kazakhstan.
Ek het myself beloof dat ek mettertyd stories oor ons 18 maande in Kazakhstan gaan deel. Maar, ons is in Oktober 3 jaar terug in ons land. En ek dink nie ek het in daardie tyd een storie oor ons lewe in Kazakhstan vertel nie.
En vanoggend spring Maslenitsa net op, dit is mos lente daar terwyl ons herfs lus is om winter te word. En dit is seker waarom ek aan die fees dink.
Ek het al daaroor geskryf, sien die skakel bo. Die fees wat gehou word om die winter weg te dryf.
Begin Maart is die sneeu nog dik op die aarde, so dik dat mens nie daardeur kan loop nie, daarom word die paadjies soggens en na sneeustorms skoongevee of eerder hard geskraap dat mense daarop kan loop.
Want, almal loop in Kazakhstan, veral in Öskemen waar ons in Maart 2020 nog gewoon het. En, teen Maart is die Kazakhs baie moeg vir die sneeubedekte aarde om hulle.
Dit is dan ook slush puppy tyd, die sneeu lyk soos slush puppies soos wat dit in die son begin smelt. En dit is ook ‘n baie gevaarlike tyd, want mens kan gly en val. En opstaan is dan minder maklik. Ek het al gesien (op videos) hoe mense straat af gly terwyl hulle probeer opstaan. Dit het my baie versigtig gemaak.
Iedergeval, teen Maart het die Kazakhs genoeg gehad, die somer moet nou begin.
En dan hou hulle ‘n fees wat as Maslenitsa bekend staan. Vir hierdie fees maak hulle strooipoppe wat dan regstaan. Om op die spesifieke dag aan die brand gesteek te word terwyl mense om die pop heen dans.
Ja, toe, ek weet, dit klink effens barbaars.
Maar glo my, as jy daar is, dans jy alte lekker saam met die mense op die poppe. Veral as jy van sonnige Suid-Afrika kom en nie sneeu ken nie. Ook nie weet dat dit regtig iewers op die aarde -38 grade Celsius word as -4 vir jou ysig is nie.
Hier is ‘n paar foto’s wat my aan daardie tyd herinner.

Dit was net voor die pandemie aangekondig is. Ons het gelag en saamgedans en nie geweet hoe intens ons lewens twee weke later sou verander nie. Om ons vir sewe maande lank in Kazakhstan gestrand te hou voordat ons weer huis toe kon kom.
Miskien is dit waarom ek nog nie geskryf het nie?
Dit is tyd om daarvan te vergeet en te skryf oor die mooi wat ons in Kazakhstan beleef het. Daar was ‘n baie rowwe oomblik ook, maar ons het dit in lemonade verander en huis toe gekom.
Die dansery vrrdryf dan sommer ook die koue in die gebeente
LikeLiked by 1 person
Inderdaad uiteraard, mens dans maar na aan daardie vuur hoor.
LikeLike
Ek sal ook dans om te lente te vier (-38 grade klink vir my hopeloos te koud)! Maar tog is jou sneeu foto’s mooi.
LikeLiked by 1 person
Daar is min goed so mooi soos die son wat op die sneeu skyn en die skitterliggies wat mens van die silwerskoon sneeu af terugkry. Baie dankie.
LikeLike
Soms dink ek ons moet ook sulke feeste hê, soos bv nasionale braaidag. Dit bind mense saam. Hou van die kleurvolheid!
LikeLiked by 1 person
Stem saam feeste is nodig
LikeLiked by 1 person