Gepubliseer in Joernaal,Skoolwerk,Tegnologie

Les 4: Laat GPT ‘n lesplan opstel

Een van die dinge wat onderwysers in die klaskamer moet kan doen, is om ‘n lesplan saam te stel.

Dit is iets waarmee ChatGPT sommer in sekondes kan help, maar dit is nodig om die por reg neer te pen.

Dit moet op KABV gebaseer wees en dit moet vir die spesifieke graad wees. Van beide weet ChatGPT niks nie omdat dit nie toegang tot die KABV kan kry nie. Dus gaan die kletsbot vir jou ‘n geloofwaardige lesplan gee wat glad nie op KABV gebaseer is nie.

Die probleem word opgelos deur doodeenvoudig in te tik wat wel deel van die kurrikulum vorm.

Vir graad 11 Geografie kan byvoorbeeld ingetik word dat ‘n lesplan vir massiewe stollingsgesteentes vir graad 11-leerders opgestel moet word.

Onthou om op regenerate te klik as jy nie heeltemal tevrede is nie, mens kry dan nog ‘n voorbeeld, of weer vir nog een. Tot jy tevrede is … Of meng en pas om ‘n beter een te skep.

En nou gaan ek soos die aanbieder van daardie program metdie oulike kleuters klink as ek sê:

Toe, probeer dit gerus.

Want ek is baie in my skik met al die teoretiese begronding wat ChatGPT in ag neem wanneer dit ‘n lesplan saamstel.

Gesels saam, hoe goed was die lesplan wat vir jou saamgestel is?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.