Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Joernaal

Blaarbriefie in boomstam vir my fotograaf blogvriende

Toe ek hierdie blaar sien wat soos ‘n briefie in die stam van die boom ingeskuif het, het ek dadelik aan Anne en Aletta en Appeltjie gedink.

Is dit nie wondermooi nie? Hoe kan so iets gebeur? So asof ‘n hand die briefie ingesit het?

Ek weet sommer julle gaan hierdie teksture geniet.

Ek geniet dit ook.

Maar meer nog hoe die natuur ‘n liefdesbriefie geskryf en veilig bewaar het.

Voel jy ook die emosie? Of is dit net ek?

Die boom was nog nie reg om van hierdie een blaartjie afstand te doen nie. En koester dit veilig en ongeskonde teenaan haar growwe stam. So amper asof dit die presiese doel van die los deeltjie in die stam is!

Vir my oorsese vriende … Geniet die foto’tjie uit Suid-Afrika.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

26 gedagtes oor “Blaarbriefie in boomstam vir my fotograaf blogvriende

  1. Dis ‘n pragtige post Christa … ek hou daarvan as natuur vir ons ‘n storie vertel. Ek sit en dink nou … dalk wou die blaar nie nou al die boom verlaat nie en het ‘n vashou plekkie gevind waar dit veilig is …

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.