Baie mense in Struisbaai ken vir Kabouter Swanepoel, my vriendin se effens gestremde seun. Hy is ‘n vriendelike man, wat almal se vriend is. Alhoewel ek skaars ouer as hy is, tannie hy my nog altyd.
En ek geniet dit om met hom te gesels, moet net mooi luister om te verstaan. Toe ons Kazakhstan toe wou trek, het ek vier Schnauzers gehad, die vierde een was Sankie.
Net drie kon saam, en so het sy Kabouter se hondjie geword. Hulle was in Pietersburg om een te soek toe ek toevallig die dag bel.
My hart was stukkend toe ek hoor dat hy vanmiddag in ‘n ernstige fietsongeluk in Struisbaai was. Hy is per ambulans na Hermanus geneem omdat die dokter in Bredasdorp van mening is dat hy nie oornag kan wag om gehelp te word nie.
Toe ek vriendin bel, is haar hart stukkend, sommer oor Sankie ook. Want sy weet nie wat van Sankie gaan word as Kabouter iets oorkom nie. Sy wil niks met haar te doen hê nie, haar koppie hang as sy nie naby Kabouter is nie.
Ek sal haar met liefde terugneem, sy was so oor my. Sal my nog onthou. Ek wonder soms of sy so oor hom is omdat sy dink dat sy by hom moet wees om weer by ons uit te kom.
Maar hemel, asseblief nie so nie.
Nie met Kabouter wat nie weer vir my gaan tannie sê nie. Nie met vriendin se stukkende hart as ek juis beplan het om die 30ste vir haar te gaan kuier nie.
Ons het so uitgesien na die kuier. Nou is die kuier in ‘n waas van hartseer gehul.
En die ironie is so erg dat ek stukkend is.
In 2013 het ek en manlief haar man beloof dat ons – nadat ons in Meimaand in Duitsland was – sou gaan kuier. Hy was skielik baie siek. Het gevra dat ons nie te lank wag nie.
Toe gebeur die lewe en vir die eerste keer vandat ek hulle ken, bel sy my in Augustus op my verjaarsdag en nie hy nie. Toe moet ek hoor dat hy begrawe is terwyl ek in Duitsland was om by ‘n konferensie te praat. Ek het die oproep nooit gekry dat hy gesterf het nie.
En nou is ek op pad na haar, ‘n dag of twee voor die datum van die afspraak.
So naby en tog so baie, baie ver. En die keer is haar seun besig om ‘n stryd teen die dood te voer. Haar seun wat dag en nag saam met haar bly. Haar oudste, met sy sussies en hulle mans en kinders almal vir die feesseisoen by vriendin.
Ek sukkel om te verstaan. Want ek weet nie hoe sy deur die pyn gaan kom as hy ook moet weg wees soos sy pa nie. Om haar ewe skielik alleen in Struisbaai agter te laat waar hulle beplan het om saam oud te word.
Ek weet nie wat gebeur het nie, sy weet nog nie presies nie. Weet net dat sy kop die voorruit van ‘n bakkie getref het.
En ek bid vannaand saam met my vriendin vir haar kind. Mag die Here ‘n wonderwerk laat plaasvind sodat die skade minimaal kan wees. Dat Kabouter weer by sy ma kan wees.
Halftwee gisternag laat weet haar dogter my. Hy is op masjiene in die hospitaal. Daar is steeds rede om te glo dat hy sal herstel.
Sy pa kan maar nog vir hom in die hemel wag. Hy sal verstaan dat Kabouter nog takies op die aarde het.
Kabouter het nog soveel liefde om te gee.
So terloops, my foon is altyd aan. Familie en vriende kan my maar wakker bel en nuus oordra as iemand beseer is. Of siek is. Ek wil nie eers die volgende dag hoor nie. Dan is dit dikwels te laat om te bid.
Opdatering: Kabouter is hemel toe, tussen 9 en 10 vanoggend. My hart is stukkend, maar die skade was te groot om hom te kon red. Ek troos my daaraan dat hy was waar hy wou wees, op sy e-fiets in Struisbaai by sy ma. Naby sy ma. En nou is hy by sy pa.
So hartseer. Ek wonder hoe gaan dit met hom?
LikeLiked by 1 person
Hy is nie meer op die aarde nie, Seegogga, en seker maar beter so. Die skade moes geweldig gewees het. Ek is so ontsteld, weet julle dalk al wie die bakkie bestuur het?
LikeLike
Dis so hartseer. Hoop dit gaan al beter met hom! 🙏🏻🙏🏻
LikeLiked by 1 person
Hy is oorlede vriendin, hulle kon niks vir hoim doen nie. Die masjiene is een vir een afgeskakel, en hy het volgens sy mamma stil heengegaan. My hart is so seer daaroor.
LikeLiked by 1 person
Ag dis nou rerig jammer! Dis so moeilik om dit te verwerk. Sterkte vriendin! ❤
LikeLiked by 1 person
Dankie, my hart pyn.
LikeLike
Kan dink😔
LikeLiked by 1 person
Dit is so eina dat ek nie begrafnis toe wil gaan nie. Maar vriendin dring daarop aan …
LikeLike
Sterkte vir julle almal, Christa.
LikeLiked by 1 person
Dankie vriendin, vandag was baie hartseer.
LikeLike
I still must read this but you have my like already.🙂
LikeLiked by 1 person
Thanks, my heart is broken.
LikeLike
Why because I haven’t read it? I must do so now
.
LikeLike
Why because I haven’t read it? I must do so now
.Requiescat in Pace
LikeLiked by 1 person
Voorspoedige nuwe jaar vir jou en jou geliefde s’n.
LikeLiked by 1 person
Vir jou ook liewe Andrew
LikeLiked by 1 person
Baie jammer en hartseer. Sterkte met dit wat nog verder voorlê met woefe-kind en jou vriendin ook.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, dit is baie hartseer.
LikeLiked by 1 person
Jy laat jpu vriendin met n mooi latenskap oor haar seun.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Appeltjie, my hart is so seer. Vandag gaan simpatiseer.
LikeLike
So baie hartseer.
LikeLiked by 1 person
My hart is so seer.
LikeLike
Ek is so jammer om hier te lees van die details, dis baie erg. Sterkte
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe vriendin, my hart is so seer, veral omdat vriendin nou stoksielalleen agterbly.
LikeLiked by 1 person