Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: Kleinseun slaan maatjie by skool

Julle! So staan skoondogter Donderdagaand by my, kleinseun voor haar. Ek by die kospotte.

En sy por, bertel vir ouma wat in jou briefie van die skool af gestaan het!

Ek verwag natuurlik net dat juffrou sal vertel watse oulike knapie hy is. Maar sy gesiggie vertel ‘n ander storie.

Hy het maatjie by die skool geslaan.

Waarom wou ek weet?

Maar hy is stil, ondeunde kyk in die ogies. Sy ma vertel hy wou die speelding hê wat die seuntjie het.

Natuurlik lag ek eers, maar dit is ‘n ermstige saak. Hy kan nie by die skool aan maatjies slaan nie. Waar hy geleer het, weet mens ook nie, hy het mos nie sibbe nie. Nog nie.

Toe sê ek hy moet nie slaan nie, hy moet eerder net nee, nee nee sê.

Ai tog, die skoollewe is swaar.

Foto: DALL-E2 het dit geteken, dus kunsmatige intelligensie. Ek hou daarvan

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.