Gepubliseer in Joernaal

Kleinkindpret … waarmee begin jou naam?

Seun stuur net-nou vir ons ‘n video’tjie, een waarin die klasmaatjies een-een sit met ‘n plakkaat met die eerste letter van hulle naam op. En ‘n prentjie.

Dan vra juffrou vir elkeen:

Met watter klankie begin jou naam? En help sy reg wanneer hulle sukkel.

So kom sy by onse kleinkind uit. Vra ook … met watse klankie begin jou naam?

En sy antwoord?

“Ek”

Ek het so lekker gelag daaroor, hulle gaan sukkel om hom in ‘n worsmasjien in te prop.

Sy help reg met:

“Sss”

En hy antwoord:

“Sss, sss sss vir slang!”

Ek wou hom opvreet, hy is reg, hy is geen skapie nie. Sy ouma hou mos niks van skapies nie.

Toe ek al in standerd 10 (graad 12) was, moes ek steeds soggens help om die skape by die vendusie op die trok te kry dat my pa kan ry. En die goed wil mos net nie op nie. Een kry dit in die kop om anderkant toe te vlug en dan volg die res soos domgoed saam.

So skree ek een oggend vir die skaap terwyl ek my skoen agterna gooi.

“Niemand moet my ooit ‘n skaap noem nie. Daar is niks so dom soos ‘n skaap nie!”

Wel, ek het dit nie vir kleinseun vertel nie. Maar hy stem nogal saam met sy ouma. Geen skapie nie, hy vereenselwig dan eerder met ‘n slang.

Maar, daardie is baie goeie redenasie van ‘n 2-jarige breintjie. Sss ssstaan natuurlik vir ssslang.

Hoop die juffrou sien daardie intelligente breintjie raak.

Hoofoto: KI-getekende skapie, DALL-E2

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “Kleinkindpret … waarmee begin jou naam?

  1. Daai juffrou beter in elk geval van beter weet. Op sy ouderdom is klanke nog net ouditief. Die letter het n naam soos n tafel n tafel is en ‘n s ‘n s. Die ouditief-visuele verbinding kom eers heelwat later

    Liked by 1 person

  2. Slim kind. Ons het so as ons ry, gespeel: Ek sien iets wat begin met ‘n …
    Meisiekind sien iets wat begin met ‘n s. Ons raai alles. Toe is dit iets herltemal anders wat met ‘n ander letter begin!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.