Gepubliseer in Joernaal,Kursus

Les 1: Registreer om ChatGPT te gebruik en vra dit om vir jou ‘n toets op te stel

Ek gaan sulke kort lesse vir onderwysers skep wat hulle kan help om ChatGPT te gebruik. Hier is die eerste les.

1. Gaan na ChatGPT se aanlyn adres by https://openai.com

2. Klik dan op Try ChatGPT

3. Registreer om die kletsbot te mag gebruik

4. Soms sal die netwerk te besig wees, probeer net weer.

5. Moenie een van die toeps gebruik in die toepwinkels nie. Hulle is nie veilig om te gebruik nie.

6. As jy in is, lyk bladsy so. Tik jou vraag aan onderkant van bladsy in.

MAAK DAN SO;

Tik die volgende opdrag in:

Stel ‘n 10 punt toets op oor XXXX. Gebruik Bloom se taksonomie om die vrae op te stel. Dui die vlakke van Bloom se taksonomie by die vrae aan. Dui die punte by elke vraag aan. Gee ook die memorandum.

Vervang XXX met iets in jiu vakgebied. Byvoorbeeld stollingsgesteentes, vir graad 11-Geografie leerders, somme vir graad 2’s …

NS: As hy in die middel van die opdrag stop, moedig hom net aan met “Voltooi asseblief.”

As hy nie die vlakke van Bloom se taksonomie gee nie, vra net as hy klaar is om die vlakke by elke vraag aan te dui.

NS – ChatGPT kan jok! Maak seker dat elke vraag reg is en dat die antwoord goed genoeg is. Veral as hy ‘n meervoudige keuse toets opgestel het. Maak ook seker dat ‘n vraag nie te min of te veel punte tel nie.

Jy kan ook vra dat hy ‘n meervoudige keuse toets saamstel. Maak net doodseker dat die antwoord tussen die afleiers is, soos ek sê, ChatGPT kan jok.

Speel lekker met ander vrae, ek gee volgende keer weer raad.

Lewer gerus kommentaar, hoe goed was die toets wat ChatGPT vir jou opgestel het?

Ek was nogal beïndruk met die toetse wat dit vir my opgestel het.

(Fot geleen op die internet)

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

2 gedagtes oor “Les 1: Registreer om ChatGPT te gebruik en vra dit om vir jou ‘n toets op te stel

  1. Ek het dit reeds n paar weke gelede gevra om differensiasie in graad 2 te beskryf en moes dit 4 keer vra om weer te probeer en elke keer het dit nog inligting bygevoeg. Met n volgende vraag het dit in ‘n Australiese skryf aksent verduidelik dat dit nou n bietjie besig is omdat hy so gewild is en dat ek later weer moet probeer. Nogal n sin vir humor ingebou ook

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.