Ek het my gisteraand oorhoeks geskrik, want kleinkind was nog die een oomblik waar ek vir hom ky hoe hy op die tonnel-klimraam speel. En die volgende oomblik sien ek nie die lyfie in die tonnels of op die vloer nie.
Ek is dadelik om om te kyk waarom ek hom nie sien nie, veral omdat ek naby die hekkie gesit het en sou geweet het as hy uit is.
Net om die skrik van my lewe te kry. Daar kruip die ou klein lyfie bo-op die tonnel en nie binne-in nie.
Want dit is mos wat die oorgroot kinders daar doen. Hulle sit sommer bo-op die tonnels in plaas daarvan om in dit te speel.
Hy was op pad boontoe, en reeds ver bo my kop. Ek kon hom net-net met my vingerpunte vasvat toe hy na my kant afgly.
Ek raas sommer dadelik, jy mag nie so daarop speel nie. Jy gaan val en baie seer kry.
En hy huil hier teen my skouer, hy dog daar is ‘n slide, toe is daar nie.
So sit ek nou die hele nag en wonder hoe kon dit gebeur, hy was op pad boontoe. En hy is heeltemal te klein om oor die gaping van die tonnel te klim om op te gaan.
Dus het ek gedink dat een van die stout seuns hom opgetel en gelos het, want hulle is met ‘n spoed uit die speelplek uit.
Dan wonder ek weer of hy bo teen die tralies kon uitklim om op die tonnel te kom?
Dit sou beteken het dat hy af tot onder is, gesien het hy kan nie af nie en toe weer boontoe begin kruip het. Om daar uit te klim.
Dus was hy in oorlewingsfase toe ek hom gaan red het. Dit kan verklaar waarom hy so ontsteld was, daar was toe nie plek om af te kim nie.
Ek het getroos en hy het gehuil, siestog, dit was seker erg gewees. Om so as tweejarige alleen teen die tonnel te wees en te weet dat jy moet terug want niemand sien jou nie.
Daarom is ek lus om die bestuur te kontak sodat die probleem opgelos kan word. As die stout grotes dit nie doen nie, sal die kleintjies nie eens daaraan dink om op die tonnels te klim nie.
Die tonnel is soortgelyk aan die een in die foto, maar die gedeeltes is meer eweredig groot. En die boonste helte is deurskynend. Die tonnel is ook langer en gaan meer geleidelik na bo, maar daar is steiltes ook.
Ek het my poegaai geskrik.
Siestog, hy was seker bang ook!
LikeLiked by 1 person
Ek dink hy was baie bang, tog het hy plan gemaak om lewendig te bly. Ek is so beïndruk met hom.
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik!
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dis goed dat jy so paraat was. Dit is beslis kinders wat lyk my half misdadige neigings het. Dis boelie gedrag om so ‘n klein kindjie op so ‘n gevaarlike hoogte te sit. Gelukkig het dit nie lelik uitgedraai nie. Sterkte vir die arme kleinding, sy ouers en ook vir ouma. Mens skrik mens sulke tye oor ‘n mik.
LikeLiked by 1 person
Ag dankie, jy weet dan. Hulle is net mnet so ‘n spoed daaruit dat ek wonder of hulle iets daarmee te doen gehad het. Ek gaan kleinseun volgende keer vra om my te wys hoe hy daar bo gekom het.
LikeLiked by 1 person
Ag jinne, mens skrik jou hart skoon aan die hardloop! Gelukkig het alles goed uitgedraai 💌.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly hy het kop gehou. maar daardie 2 groter kinders – hulle ouers gaan seker die saak aflag. Maar weet jy, ek het ook al gehoor en gesien hoe ‘n ma sien hoe haar klein dogtertjie bietjie afgeknou word en huilerig raak toe die kind nie ophou nie. Haar kommentaar? los, moenie inmeng nie, sy moet leer om haar man te staan. EK het toe nie ingemeng nie, maar ek wou haar groter boetie aan sy ore rondtrek.
LikeLike