Ek voel al langer as wat ek kan onthou moeg. Lusteloos. Kragteloos. Sommige dae te moeg om regop te staan. Ek was al by verskeie dokters daaroor, maar nie een van hulle het oorweeg om ‘n eenvoudige bloedtoets te doen nie.
Selfs gedink ek is vol iepiekonders. En senupille voorgeskryf. Wat ek natuurlik nie gedrink het nie. Want as ek eers op die pille se pamflette lees dat dit vir ernstige geestesgesondheid voorgeskryf word en verslawend kan raak, het ek doodeenvoudig nie my mond daaraan gesit nie.
Ek is nie ‘n senuwee-wrak nie, ek voel te moeg om iets te doen. Lees ek vandag ‘n stuk oor dokter wat die drups oorsee begin doen het. Sowaar, ek is nie wêreldwyd alleen nie. Dit is dokters se algemene ding om senupille voor te skryf as vrouens kla oor algehele moegheid!
Ek en manlief het in Kuruman in die laaste maand positief vir SARS-CoV-2 geregistreer. Die virus wat vir die pandemie verantwoordelik is. Ons was so gelukkig om by ‘n perdedokter uit te kom. Ondersoek manlief en skryf vir my selfde medisyne voor. Wat slegte newe-effekte gehad het.
Terug in die stad is ek en manlief vir ons vir slapeloosheid na ‘n dokter toe. Want o ja, het ek vergeet om te noem? Dit word mos covid imsomnia genoem. As mens sukkel om te slaap. Ek kan verstaan dat ons lywe in twee weke nie meer die verskil tussen dag en nag verstaan het nie. Sy het melatonien voorgeskryf, ‘n pilletjie wat jou lyf weer in siklus kry.
Ek het sommer ook vir haar gevra wat ek kan doen om die probleem rondom my alewige moegheid op te los. Die permanente moegheid. Want ek het haar duidelik laat verstaan dat ek dit lank voor covid gehad het.
Sy het gevra of ek my yster al laat toets het.
En nee, ek het nog nooit nie.
Die toets is gedoen en sy het my met die uitslag gebel. Een van twee dokters wat mens met uitslae terugbel. Ander verwag dat jy hulle bel, maar wanneer? Want hulle het mos ander pasiënte by hulle.
Die uitslag het nie vir my veel beteken nie. Ek het geen idee gehad wat ystertellings moet wees nie. Volgens haar was myne grond laag. Ek gaan nie syfers noem nie, want ek is moeg daarvoor dat mens se gesondheid deesdae so in die openbaar bespreek word.
Jy moet vir almal vertel dat jy die virus gehad het. Of met iemand met die virus in aanraking was. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek dink dit is noodsaaklik. Nou wonder ek net of mens daarop kan aandring dat mense met siektes soos TB en VIGS en ander aansteeklike siektes jou op hoogte van hulle mediese probleem moet bring? En hoe dit vir hulle gaan wees as elke nuusberig hulle die hele dag aan die sterftesyfers van die bepaalde siekte herinner. Morbied, is dit nie?
Ierdergeval.
Ysterpille alleen gaan nie my probleem oplos nie, ek moet ingaan vir ‘n ysterdrup. Ek is nie seker wat die regte woord is nie, maar ek hou van drup. Die swart medisyne drup in ‘n klein buisie, dan deur ‘n dun pypie in my aar in.
Ek het oor die drup opgelees en besluit dat ek eers die ysterpille gaan toets. Want daar kan ernstige newe-effekte wees. Ek wou eers my verjaarsdag vier, maar toe ek my hoogsopgeleide suster, wat in ICU spesialiseer bel, word ek opgekommandeer om dadelik te gaan. Moes gegaan het toe ek die uitslag gekry het. In die ou tyd moes mense wie se yster so laag is bloed ontvang. Tans word die drup as die veiliger keuse beskou.
Ek dink ek sou – as ek kon kies – wel die drup kies. Dit voel net veiliger om die mengsel in my eie aar te sien ingaan as ‘n ander mens se bloed.
Dus het ek die kliniek, wat 24/7 beskikbaar is, gebel. Die afspraak vervroeg na die dag voor my verjaarsdag en nie daarna nie.
Ek kan nie regtig in woorde uitdruk hoe gespanne ek oor die proses was nie. Ek weet dit is nie seer nie, maar ek vrees sowaar die naald wat in my aar gedruk word om die vloeistof in te laat. Maar ek was verniet so bang, die susters is dierbaar. Kom maak elke 15 minute seker dat my bloeddruk reg is. Myne het eers geval en toe besluit dat sy baie daarvan hou. En rustig gebly.
En ek is so gelukkig om te kan getuig dat my arm nie blou is nie. En die aar is twee keer gepop, een week uitmekaar.

Ek kan dit egter aanbeveel. ‘n Week na die drup het ek in die spieël gekyk en ‘n ander ek gesien. Een wie se wange en gesig nie meer grys lyk nie, maar rosig pienk.
Die suster noem dit my coke drup.
En ek moes net lag.
Dit lyk soos Coke in die sakkie. Ek spot toe dat dit gelukkig nie kokaïen is nie. En sy lag. So gelukkig gaan jy nie wees nie. En ek lag, dankie, maar nee dankie. Want dit is een gevoel wat ek nooit wil voel nie. Om glad nie in beheer van myself te wees nie.
Intussen het ek geleer watter kos yster in my bloed gaan sit. Want dit is noodsaaklik omdat daar te min rooi bloedselle is om suurstof ordentlik na die organe te dra as ystervlakke so laag is. Ek het ook nie drie ure in ‘n dag om in ‘n kliniek te gaan lê dat yster in my are indrup nie.
Ek eet beet, baie daarvan. Wat natuurlik onaangename verrassings in die badkamer gee as alles enige kleur tussen pienk, donkerpienk en maroon is.
Dan het ek begin om beeslewer te eet – dit is blykbaar beste vorm van yster. En Seegogga, dankie vir die raad oor Checkers se skilpadjies.
Ek het gaan koop. Twee pakkies met ses elk. En ek wurg dit in. Braai dit nou in ‘n kokosneutolie met baie knoffel en gemmer en paprika en borrie om die smaak en veral die reuk te probeer verdoesel. Ek het maar lewer gaan koop om self in koekies te verander, sodat ek dit so goed kan geur dat ek niks kan ruik nie. Die tekstuur sit my darem nie ook af nie …
Ek kook eiers en eet dit. Ook boompies (brocolli) en rosyne en gedroogde appelkose en pruimedante.
Iewers moet ek net seker maak dat die twee druppe genoeg was …
Werk dit al,Christa?
LikeLiked by 1 person
Letty-Ann, ek het so oor die naweek agtergekom dat ek weer ‘n blos op my wange het. Ek is beslis lewendiger, wil nie meer die hele tyd lê nie. En gaan stap met my woewe. Ek dink dit is absoluut die moeite werd, elke vrou moet haar ystervlakke laat toets.
LikeLike
Dankie vir die wenk! Ek is bly jy het volgehou tot jy ‘n oplossing gevind het.Ek hoop jou drie woewe hou by.
LikeLiked by 1 person
Hulle is vrek snaaks, wil teen elke boom en blom en stammetjie merk.
LikeLike
Tipies😃
LikeLiked by 1 person
Selfs BB probeer ‘n plassie maak.
LikeLike
Aaw!
LikeLiked by 1 person
Nou verstaan ek hoekom jy so stil was! Ek is bly om te hoor dat jy nou beter voel.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Anne, ek het wel te sleg gevoel om baie te doen. Maar dit is nie waarom ek vir ‘n ruk ophou skryf het nie. ‘n Handvol mense wat ek op ‘n tyd raakgeloop het, het my op my blog bekruip en ek wou niks skryf nie omdat ek gevoel het dat hulle nie hier hoort nie. Ek het van hulle ontslae geraak na die plasing oor kuberbekruiping, maar ek het ook my webadres verander om van hulle ontslae te raak. Nou kan ek weer lekker skryf, hulle ken nie my titel nie en sal dus nie my webwerf opspoor nie …
LikeLiked by 1 person
Sjoe, ek is bly iemand kon jou help, vriendin! Ek ken die ewige moeg. Dit is goor – veral as ‘n mens baie werk het! Baie bly jy voel weer mens. Nou kan jy weer lekker navors! En die blosser skiep!
LikeLiked by 1 person
Ne, ek dink ook so. Ek gaan natuurlik nie graag weer ‘n drup wil kry nie, nou eet ek maar ysterryke kos. Wat dink jy?
LikeLike
Ja, hoe gouer mens dit op die natuurlike manier inkry hoe beter. Ek het geweet van rosyne en van lewer, maar nie van droeë appelkose nie. En van pruimedante vlug ek. Gee my die vreeslikste krampe. Dalk is jy gelukkiger. Ai, jy moes my lankal vertel het! ❤
LikeLiked by 1 person
Dankie, San.
LikeLike
Dankie San, ek voel al klaar soveel beter. Hulle is verras, volgens hulle voel baie mense eers na weke beter. Ek dink my lyf het net gevat, nie eens ystersmaak in my mond nie, dit word nog elders benodig.
LikeLike
So bly jy voel beter. Die lewer skilpadjies braai mens eintlik op die roosterbsaam met braaivleis sodat die vet afdrup. Dan gooi jy bietjuurlrmoensap oor rn eet terwyl fit crispy is. Tip lewer moet goed gaar weer maar nie oorgaar nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Seegogga, dit was goed gaar, toe lyk dit nog pienk. Toe oorgaarmaak ekke.
LikeLike
Sjoe, bly vir jou dat jy gesond is – na die virus-aanval. So baie mense het so baie nagevolge van die ‘ding’. Die ystertelling klink vir my na ‘n goeie ding. Ek het jare terug bloed geskenk in SA – net tot 11 liter gekom, want elke keer het ek te min yster gehad en moes ek eers ysterpilletjies drink en dan weer probeer en dit het my laat ophou bloedskenk. Ek was hartseer, want ek wou bitter graag bloed skenk.
LikeLiked by 1 person
Ai Nikita, dit is erg. Maar dalk goed vir jou. My pa se bloed word nou te dik. En ek dink dit is omdat hy soveel bloed geskenk het. Bykans sy hele lewe lank.
LikeLike
So bly jou “coke” drup help met die woema! Dis goor om altyd moeg te voel.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Jy weet dan, dit word deel van mens se lewe, stadig en as jy weer sien, het jy net nie die krag om iets te doen nie.
LikeLike
Yster aanvulling was ook my kind se redding . Ek was oortuig daarvan dat sy probeer het om uit haar karateklas te kom. Tot sy doodsbleek voir my fkou geword het .
LikeLiked by 1 person
Ai Appeltjie, dit is erg. En so eenvoudige iets om na te soek.
LikeLike