Ek het onlangs oor die nuwe TV-reeks op Woensdagaande geskryf.
Afgrond.
Vyf vrouens wat voor afgronde in hulle lewens staan. En keuses moet maak. Keuses wat hulle lewens kan beïnvloed. Ek het ook al geskryf oor sommige akteurs wat hulle rolle so goed speel dat ek nie van hulle hou nie. Lees gerus hier.
Stian Bam slaag in hierdie reeks daarin om sy rol so goed te speel dat ek waarskynlik hierna ook nie van hom gaan hou nie. Ek sukkel om te glo dat mens sulke base/hoofde kry.
Maar nou lees ek vandag in die nuutste Huisgenoot (wat ek terloops nie eintlik wil lees nie omdat dit die ene skinderstories is en op ander se seer teer) dat Margueritte van Eeden (Hannelie in die reeks), wat deur Stian seksueel misbruik word, met mense gepraat het wat deur sulke situasies is om haar vir die rol voor te berei.
Ek kan kantoorromanse verstaan, mens werk so nou met mense saam vir so ‘n groot deel van jou dag, dat dit moontlik is. Op kantoor hou mense hulle mooi kant vir die wêreld voor, bêre hulle die aaklige kant vir die huisgesin, die mense wat hulle net saans en naweke sien. Oefen hulle hulle slegte kante op die mense wat die naaste aan hulle is. Asof hulle klankborde is. Om uit te vind wat nie met ander mense gedoen moet word nie. Dus kan ek romanse verstaan. Die seksuele aantrekking kom van beide kante af.
Seksuele misbruik kan ek nie verstaan nie. Situasies waar die een die ander een misbruik vir uitlewing van eie seksuele idees. Ek wil nie genot skryf nie, want dit, wat in Afgrond uitgebeeld word, kan nie met genot vereenselwig word nie.
In die episode van hierdie week, moes Hannelie na Stian – ek kan sy karakter se naam nou nie dadelik onthou nie – kruip! Terwyl hy op ‘n stoel wag! En mens kon reeds raai wat hy van haar verwag. Ek kan nie vir een oomblik dink dat ek dit sou toelaat om met my te gebeur nie, daarom is dit vir my moeilik om met haar te vereenselwig.
En toe lees ek vandag raak dat dit vir haar moeilik was om die rol te speel.
Dat sy gehuil het terwyl sy kruip.
Omdat daar wel mense is waarmee dit gebeur.
En dat hulle nie keuses het nie, nie uit die net kan kom nie.
Volgens Jana Kruger, wat Stian se vrou in Afgrond speel, gaan lê sy na so ‘n rol in ‘n bad met Engelse sout. Om haar liggaam te reinig. En die raad het ek al by ‘n blogvriendin – Virgo C – gekry. Om in ‘n bad met Engelse sout te lē as die simptome van COVID erg is. As ek reg is, is dit om suurstof in die selle te kry, maar ek kn nou baie verkeerd wees. Ek sal haar weer moet vra.
Ek weet net ek sal maar van Stian moet hou hierna. Dit is net ‘n rol wat hy speel. Dit is nie die ware Stian nie.
Die ware Stian Bam het liefde in die arms van ‘n man gevind. Wat dit makliker maak om te glo dat hy nie vrouens seksueel sal wil misbruik nie. Hy speel die rol net so oortuigend dat ek hierna gaan sukkel om van hom te hou.
Ek weet net dat ek nie ‘n altrise sal kan wees nie. Ek sal nie so kruip nie en as ek absoluut moet, sal die karakter teenoor my baie, baie jammer wees.
Ek sal beslis slaan waar dit baie, baie seer maak.
Goeie akteurs is vir my bewonderenswaardig. Kl8nk nie na my soert storie nie. Ek sal kwaad word vir albei. Die bullie sowel as die slagoffer.
LikeLiked by 1 person
Ek word, maar dit is baie goed geskryf. En ek moet weet wat gebeur.
LikeLike
Christa, ek kan nie eers na sulke stories kyk nie, so ontstel hierdie tipe misbruik my.
LikeLiked by 2 people
Ek ook nie, dit ontstel my ook. Maar, ek het begin kyk en ek moet weet dat hulle veilig by hulle afgronde omdraai.
LikeLike
Die boek, ‘Dis ek, Anna’, het my so ontstel. Dis so intens en so seer en so eensame wêreld. Klink of die karakter dieselfde deurgaan. Is vreeslik om te dink sulke mense bestaan!! Sulke misbruikers.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam met jou. Ek kon die fliek doodeenvoudig nie kyk nie. En dit pla my, maar ek kan nie glo dat ‘n pa sy eie kind sal misbruik nie.
LikeLike
O ja dit gebeur wel. Daar was so n kind in n vorige skool. Tragies en onberekende skade aangerig.
LikeLiked by 1 person
Dit is so erg, ek kan nie eens dink dat ‘n pa dit aan sy eie kind gaan doen nie.
LikeLike
Dis siek.
LikeLiked by 1 person
Baie, vriendin, baie. Ek wonder altyd, waar is die ma’s?
LikeLike
Ek sal jou eendag antwoord op hierdie vraag……want ek het die antwoord.
LikeLiked by 1 person
Woordnoot, dit is baie erg, hoor. Veral as die ma’s daarvan weet maar nie optree nie.
LikeLike
Dis ook weer n storie op sy eie. Glo my, daar is moewiese grys gebiede hier ook.
LikeLiked by 1 person
Ek kan so dink, dit is vreeslik erg om daaraan te dink dat dit soms met die ma se toestemming gebeur.
LikeLike
En soms weet die ma regtig niks..
LikeLiked by 1 person
Dit is nog erger, maar wie wantrou die pa van haar kinders met hulle kind? Die belangrikste is seker om ‘n goeie verhouding met jou dogter te bou. Dat sy weet sy kan vir jou kom vertel.
LikeLike
In daai gevalle heeltemal oor donder deur die man.
LikeLiked by 1 person
Dit is hartseer.
LikeLike
Ek wou dit nie sê nie…dra al n hele paar weke aan die las. Net so hier en daar weet iemand. Maar ek is midde in n so situasie….en glo my, dis die moeilikste ding om te verwerk en te glo en te aanvaar. Daar is 100e vrae wat daagliks deur my kop gaan, dit absorb my menswees, my optrede, my gesondheid…..ek huil my nagte om. Dis die slegste pelk om te wees. En nee,ek is nie die slagoffer nie.Maar ek is so betrek. Die regte woord om te gebruik is …it permeate my whole being….en ek haat dit.
LikeLiked by 1 person
Woordnoot, ek kan my nie indink waardeur jy gaan deur daarvan te weet nie. Dit is vir my skrikwekkend om dit net in ‘n fliek te sien – totaal geheel en al nie die regte lewe van die akteurs nie – ek kan my nie indink hoe ek dit sal hanteer nie. Ek weet net dat ek dit nie sal kan doen nie, dat ek sal praat en selfs polisie toe gaan as dit moet. Ek is so jammer dat jy daardeur betrek word. Pas jouself mooi op. En raai die slagoffer aan om dit tot so ver sy kan te vat om uit die situasie te kom.
LikeLike
Waardeer jou concern….sal eendag dalk oor als kan skryf. Vir nou n dit net sukkel om elke dag emosioneel te oorleef..op die stadium is al my rotse onder my uitgepluk..m
LikeLiked by 1 person
Ai Woordnoot, dit is nie lekker om te hoor nie. Ek bid vir jou.
LikeLike