Gepubliseer in Joernaal

Kiewiete is boelies

Ek dink nou net so daaraan … kiewiete is boelies. Veral op ‘n gholfbaan … En ek verpes boelies.

Ek kan dit glad nie help nie, maar ek hou niks van kiewiete nie. Dit is nou daardie heeltemal onnosel voëltjies wat hulle eiers op gholfbane van alle plekke lê. En bewaar dan die siel wat daar verby stap.

Ek het dit nog nooit vertel nie, maar ek is doodbang vir die goed.

In Welkom het ek dikwels saam met manlief op die mashie gaan stap. Dit is gholfbane met kort gaatjies. En daar het ek ‘n heilige vrees vir hierdie voëltjies opgedoen.

Kom mens naby aan die eiers in die gras -wat jy nie eens kan sien nie – is hulle soos skreeuende vegvlietuie gereed om jou aan te val. Mag ek byvertel dat ek versigtig vir voëls is nadat ek die fliek Birds gekyk het? Daar val die voëls mos die mense aan.

Goed, ek moet toegee kiewiete val darem nie in groepe aan nie. Dit is een individuele voëltjie teen my – of selfs my man as hy is waar ek is. Manhaftig is dit nie?

Seker daarom dat ek ‘n vrees vir hulle het as hulle in aanval oorgaan.

Hulle het my nog nooit geraak nie, maar ek vrees wel dat dit kan gebeur. En ek koes so gevaarlik dat ek’n arm of ek of been kan breek.

So stap ek nou nie meer laatmiddag op die gholfbaan nie.

Want, twee het my so groot laat skrik dat ek hoendervleis uitgeslaan het. En selfs oorweeg om met ‘n raket te stap. Ek neem aan my muurbalvaardighede sal in plek spring wanneer die gevaar armlengte van my is.

Sal ek slaan?

Siestog, ja, ek dink ek sal.

Want dit is nou een voëltjie wat my die skrik op die lyf jaag.

Ek het mos al vertel van die voëltjies wat ons in Kuruman by die casino aangeval het.

Dit is nie snaaks nie.

Ek lag eers baie lank daarna, maar eerder vir my wat so groot skrik as vir die aanvalsvliegtuie.

Ek het foto’s gaan soek en ook vir die KI Dall-e2 gevra om vir my prentjies te teken van ‘n vrou wat op ‘n gholfbaan aangeval word deur ‘n voël. Hy het nie geweet wat ‘n kiewiet is nie.

Dit is skreeusnaaks, ek is soos die laaste prentjie. Vat die pad, bied geen weerstand nie. Maar, ek oorweeg prentjie 2 en 4 in die vervolg. Gholfstok in die hand as ek weer gaan stap ….

Kyk hoe oulik het een gholfbaan, ek verbeel my dit is Pretoria, sy kiewiete gemerk. Dit kan my mos baie help. Want hoe de ongeluk moet ek die eiers (prent 1) sien as ek stap?

Sal ander gholfbane dit ook doen? Maar, ek sal verkies as hulle nie op die baan toegelaat word nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Kiewiete is boelies

  1. Ek glimlag breed vir jou en vir die prentjies, Christa. Ek stem saam, hulle is arrogant en defnitief dom in hul nes-keuses. En dan val hulle óns aan!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.